.

Inwoners kla oor dié plae

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie.Foto: Pexels
Foto ter illustrasie.Foto: Pexels

’n Inwoner van Wellington het onlangs sy misnoeë uitgespreek teenoor die plaaslike regering wat volgens hom die pesbeheerdiens in die breë gemeenskap gestaak het.

Christopher Samuels, wat hom as ’n gemeenskapswerker in die Drakenstein beskryf, meen die pesbeheer, wat volgens hom deur die Drakenstein-munisipaliteit hanteer is, was ’n helpende hand in die minderbevoorregte gemeenskappe en hy wil weet hoekom hierdie noodsaaklike diens gestaak is.

“Baie van ons mense woon in hout- of sinkhuise en van hulle word erg deur rotte, muise en kakkerlakke gepla. Daardie plae kan ons kinders baie siek maak. Diegene wat in beheer van pesbeheer was, moet hul planne agtermekaar kry of hul koppe laat lees,” het Samuels gekla.

By navraag aan die Drakenstein-munisipaliteit oor dié klagte het Gerald Esau, die uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste, gesê die munisipaliteit neem kennis van die klagtes en sal die departement van omgewingsgesondheid by die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) in kennis stel van die probleem wat inwoners deesdae met hierdie soort peste ervaar.

Die KWDM het ook op navrae gereageer: “Wat die verantwoordelikheid vir plaagbeheer betref, let asseblief daarop ingevolge die Wet op Nasionale Gesondheid, Wet 61 van 2003, word plaagbeheer as ’n funksie van munisipale gesondheidsdienste gelys. Die afbakeningsraad het dit as ’n funksie van ’n B- of plaaslike munisipaliteit verklaar.”

Hulle verduidelik verder KWDM se verantwoordelikheid is egter die opvoeding en bewusmaking van gemeenskappe, maar die monitering en aanmelding van plaagbeheer in gemeenskappe en die funksie om plae uit te roei, bly dié van die plaaslike munisipaliteit.

“Hoewel die funksie tussen twee organisasies verdeel is, is dit belangrik om daarop te let dat die beheer van plae, soos rotte, by elkeen van ons begin,” het Randall Humphreys, die adjunkdirekteur van munisipale gesondheidsdienste by die KWDM, gesê.

Volgens Humphreys vereis die beheer van plae die samewerking van alle partye en meen hy die belangrikste aspek is om seker te maak dat die plaagdiere niks het om te kan voed nie.

Hy noem die volgende punte:. Elke inwoner moet altyd seker maak vullis word korrek en veilig weggegooi. Vullis moet verkieslik tussen organiese en herwinbare afval gesorteer word. Wanneer vullis verwyder word, moet die sak toegeknoop wees en verkieslik in ’n vullisdrom met ’n deksel of in ’n houer geplaas word.. Die plaaslike munisipaliteit moet vullis gereeld versamel en is verantwoordelik om die wegdoening van alle vaste afval te bestuur, asook om die skeiding van organiese en herwinbare afval onder inwoners aan te moedig. . Die distriksmunisipaliteit is verantwoordelik vir gemeenskappe se opvoeding en bewusmaking oor plaagbeheer en algemene praktyke in omgewingsgesondheid.

“Hierdie benadering is in baie gemeenskappe doeltreffend, maar ongelukkig is daar in werklikheid sekere aktiwiteite wat tot die probleem bydra.

“Onwettige storting en rommelstrooiing is ’n enorme probleem in gemeenskappe in die distrik. Hierdie aktiwiteite bied nie net kos aan plae en ongediertes nie, maar dit hou ’n algemene gesondheidsrisiko in vir die mense wat in die gemeenskap woon.”

Hy noem ook stortingsterreine of vullishouers word deur die plaaslike munisipaliteit verskaf.

“Die meeste stortingsterreine is ook op ’n Saterdag oop of het houers waarin afval na ure veilig geplaas kan word. Inwoners het dus geen rede waarom onwettige storting moet plaasvind nie. Gemeenskapslede moet onwettige storting aanmeld – nie net vir hul eie veiligheid nie, maar ook vir die higiëne van hul gemeenskap.”

Die KWDM se munisipale gesondheidsdienste, tesame met die Drakenstein-munisipaliteit, het onlangs ’n bewusmaking- en opvoedingsessie in Mbekweni gehou om die gemeenskap oor die gevare van onwettige storting en rommelstrooiing in te lig.

By hierdie geleentheid het lede van die gemeenskap genoem dat hulle aktief besig is om padrande te verfraai om storting te ontmoedig, want hulle besef dat ’n skoon en georganiseerde gemeenskap beleggers sal lok, wat tot nuwe werksgeleenthede kan lei.

Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
+0.1%
Rand - Euro
18.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.7%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
+0.8%
Palladium
1,618.86
-2.9%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos