.

Kopseer ná nommerplaat-kloning

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Annemarie le Roux se Mazda, waarmee sy jare lank ry.
Annemarie le Roux se Mazda, waarmee sy jare lank ry.

’n Inwoner van die Paarl is briesend omdat haar kar, wat sy al langer as vyftien jaar besit, se registrasienommer gekloon is.

Annemarie le Roux het onlangs ’n kennisgewing ontvang dat sy ’n verkeersboete van R640 in Bergrivier-boulevard in die Paarl gekry het. Die enigste probleem is dat die Audi wat op die verkeersboete vertoon word, nie haar voertuig is nie, maar dit het wel dieselfde registrasienommer as die Mazda wat sy destyds splinternuut gekoop het.

“Ek het verlede jaar – net interessant – die eerste keer my karlisensie aanlyn hernu. En toe skielik hierdie jaar kry ons nou verkeersboetes van daai spesifieke kar met ons registrasienommer.

“Toe my man gaan navraag doen – die kar is op sy naam – en sy ID-nommer gee, is al ons inligting aan die registrasienommer gekoppel.

“Ons het toe ’n foto van die kar gekry waar die spoedkamera dit in die boulevard naby die Paarl-hospitaal afgeneem het. Dit is glad nie my kar nie, en op die tyd toe die spoedkamera die ander kar afgeneem het, was ons nie eens in die Paarl nie.”

Le Roux sê sy het met die Drakenstein-munisipaliteit se verkeersafdeling kontak gemaak nadat sy ontdek het hul kar se registrasienommer is gekloon.

Sy sê die verkeersafdeling het haar meegedeel dat hulle nie regtig enigiets aan die probleem kan doen nie. Die munisipaliteit het voorgestel sy laat die registrasienommer van hul naam afhaal en die kar herregistreer om die probleem op te los.

“My man het onlangs tot by die munisipaliteit gegaan om ons registrasiepapiere te wys, en ook wanneer ons, ons kar geregistreer het. Al wat hulle toe sê, is dat hulle sal uitkyk vir die ander kar as daar enige padblokkades is.”

Nadat Le Roux haar penarie op sosiale media gedeel het, het nog Paarliete na vore gekom en vertel dat hulle in dieselfde situasie is.

By navraag het Gerald Esau, die Drakenstein-munisipaliteit se uitvoerende direkteur vir gemeenskapsdienste, gesê: “Volgens die Drakenstein-munisipaliteit se kennis kloon private operateurs nommerplate sonder die medewete van die wettige voertuigeienaars of die verkeersafdeling.

“Dit vind nie net in die Drakenstein plaas nie, maar oral oor Suid-Afrika.

“Sou die voertuig-eienaar hiervan bewus raak, moet hulle asseblief die aangeleentheid by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanmeld – veral om verdere bedrog te voorkom.

“Sou hulle ’n verkeersboete ontvang waarvoor hulle nie aanspreeklik gehou kan word nie, moet hulle ’n vertoë rig aan die aanklaer van die munisipale hof vir die kwytskelding van die boete.”

* A resident of Paarl is furious because the registration number of her car, which she has had for more than fifteen years, has been cloned and she now receives traffic fines for a different vehicle.

Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos