.

Kry jou inenting makliker hier

akkreditasie

Meer en meer inisiatiewe word ingespan om te verseker dat almal maklike toegang tot die Covid-19 entstof kry.

Inwoners kan steeds fasiliteite wat op ’n gereelde basis inentings bied, besoek terwyl bykomende geleenthede geskep word om meer mense te bereik.

Vennootskappe soos dié met Aurum, reëlings wat getref word met plaaseienaars vir die inenting van hul personeel en gereelde inentings op Saterdae gee meer mense in die Drakenstein die kans om ingeënt te word.

Uitreik-aksies word in die meeste gebiede in die Kaapse Wynland by taxi-staanplekke aangebied en ondersoek word ingestel na die moontlikheid om inentings aan mense te bied wat hul kroniese medikasie by fasiliteite soos gemeenskapsale afhaal.

Teen 8 November het 55,2% van mense 50 en ouer wat woon in die Kaapse Wynland, hul inenting gekry.

Mense in hierdie ouderdomsgroep moet hulle so gou as moontlik laat inent om te voorkom dat hulle weens Covid-19 ernstig siek word.

Saterdag (27 November) kan inwoners van 12 jaar en ouer na een van hierdie plekke gaan om hul inenting te kry:. TC Newman CDC (08:00 tot 12:00). Klapmuts-brandweerstasie se klubhuis (08:30 tot 13:00)

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.22
+0.2%
Rand - Pond
20.57
+0.2%
Rand - Euro
17.17
+0.4%
Rand - Aus dollar
10.91
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,832.30
-0.9%
Silwer
23.77
-0.2%
Palladium
2,369.50
+7.6%
Platinum
1,048.00
+1.9%
Brent-ruolie
88.20
+2.2%
Top-40
67,364
+2.3%
Alle aandele
73,797
+2.1%
Hulpbronne 10
75,253
+3.3%
Industriële 25
91,472
+1.8%
Finansiële 15
14,925
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos