.

Oudraadslid skiet glo vrugtedief dood

akkreditasie
Die toneel waar die vermeende vrugtedief noodlottig gewond is.
Die toneel waar die vermeende vrugtedief noodlottig gewond is.

’n Oud-ANC-raadslid en boer JT Basson en nog ’n boer, Johan Woest, is Dinsdagaand (30 Novem­ber) in hegtenis geneem ná ’n noodlottige skietvoorval op die Sonstraal-brug naby die N1.

Skote is afgevuur nadat ’n beweerde konfrontasie tussen die twee boere en ’n vrugteverkoper, Chatwell Rogers, laat die middag ontstaan het.

Die 40-jarige Rogers is op die toneel dood verklaar.

’n Ooggetuie het die voorval as volg beskryf: “Ek was op die toneel. Dit was een van daai vrugte­verkopers wat met ’n panga in die hand geloop en ’n klip na ’n wit ou se motor gegooi het.

  • “Ek dink die ou bly op die plaas – hy het toe skote afgevuur en die vrugteverkoper beland toe teen die pad se versperrings (. Hy val toe af en het teen die wal afgerol.”

Die konfrontasie het na bewering ontstaan toe die twee verdagtes, Basson en Woest, die slagoffer genader het oor vermeende vrugtediefstal.

“Die slagoffer en twee vriende het vrugte op die brug verkoop toe die verdagtes hulle begin agtervolg en op die slagoffer begin skiet het.

“Die verdagtes beweer die slagoffer wou hulle met ’n panga aanval, maar voorlopige ondersoek het getoon dat die slagoffer wonde in sy rug gehad het.”

’n Ander ooggetuie het gesê hy was die een wat met die panga geloop het en die twee verdagtes met klippe bestook het. Tog is hy nie deur die verdagtes geteiken nie.

“Daar is slegs op die slagoffer geskiet, en nie die een wat na bewering met die panga in die hand geloop het nie,” het nog ’n bron bevestig.

Die Paarl-polisie se woordvoerder, kapt. Louise du Plessis, het die voorval as volg bestempel: “Twee boere van Paarl was Dinsdagaand in polisieaanhouding ná ’n noodlottige skietvoorval vroeër die aand.

“Die polisie is in kennis gestel van die voorval wat tussen die Sonstraalbrug en die N1 plaasgevind het. Ooggetuies het beweer dat ’n skoot op onwettige vrugteverkopers afgevuur is.”

Du Plessis sê ’n tweede skoot is afgevuur nadat die vrugteverkopers van die brug af na die N1 probeer vlug het, waarna een van die slagoffers noodlottig deur ’n koeël getref is.

“Die slagoffer was ’n 40-jarige man van Paarl-Oos. Die twee boere het op die toneel hulself aan die polisie oorgegee.

“ ’n Moordondersoek is geregistreer en die twee boere, wat onderskeidelik 65 en 68 jaar oud is, is aangehou.”

Volgens Daan van Leeuwen Boomkamp van die Drakenstein-plaaswag is vrugtediefstal ’n gereelde gerapporteerde verskynsel in die omgewing.

“Ons het al honderde kere by so baie rolspelers gepleit oor die kwessie van vrugtediefstal aangesien die boere baie verliese ly.

“Die een ná die ander plaas word op die mark gesit omdat die boere moedeloos is en nie meer kans sien om te boer nie.”

Hy glo daar word nie genoeg van die polisie en die howe se kant gedoen om vrugtediefstal in die landelike gebiede hok te slaan nie.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.19
+0.4%
Rand - Pond
20.53
+0.3%
Rand - Euro
17.14
+0.6%
Rand - Aus dollar
10.88
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.9%
Goud
1,831.16
-0.9%
Silwer
23.78
-0.1%
Palladium
2,358.00
+7.1%
Platinum
1,050.00
+2.0%
Brent-ruolie
88.20
+2.2%
Top-40
67,364
+2.3%
Alle aandele
73,797
+2.1%
Hulpbronne 10
75,253
+3.3%
Industriële 25
91,472
+1.8%
Finansiële 15
14,925
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos