.

Pa sterf tragies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Avron Pedro en sy dogter Lee-Avtin Prys.
Avron Pedro en sy dogter Lee-Avtin Prys.

’n Jong pa van Paarl het Saterdagaand tragies in wat as ’n fratsongeluk beskryf word, gesterf.

Avron Pedro het gehelp om sy vriend Piet Baadjies se Volkswagen Jetta te stoot nadat die motor op die Wemmershoek-pad sonder petrol gaan staan het, toe ’n Volkswagen Polo hulle van agter getref het. Avron is op slag dood. Die ongeluk het enkele dae voor sy veertigste verjaarsdag gebeur.

Volgens Carol Wessels, Avron se ma, was hy en Piet op pad om Piet se dogter by ’n plaas nie ver van waar die ongeluk gebeur het nie, te gaan oplaai. Op pad na die plaas het hulle sonder petrol by Boschenmeer gaan staan. Avron en Piet het toe die motor na ’n nabygeleë vulstasie gestoot.

“Avron het agter gestoot en Piet het voor by die bestuurderskant se venster gestoot terwyl hy die stuurwiel beheer het. Toe die man (met die Polo) Avron van agter af tref, is Piet ook deur die impak getref.”

Duidelik hartseer en gebroke deur die tragedie voeg Carol by: “Ek het gister (Maandag) by die lykshuis van hom (Avron) gaan afskeid neem. Hy het ’n paar skraapmerke aan sy gesig van toe hy nog blykbaar ’n ent saam met die kar geskuur het.

“Ek hoop en vertrou hy was reeds weg daai tyd, want dit lyk pynlik. Sy kop het ’n swelsel, maar hy lyk glad nie sleg nie. Dit was baie hartseer om hom te sien toe hulle vir my die deur oopmaak om te sien hoe my kind agter die glas lê. Ek het geen twyfel gehad dat dit my kind is nie. ’n Ma ken haar kind.”

Carol sê haar seun was ’n goeie mens. Sy sê baie mense in die Vlakkeland-omgewing, waar hulle woon, kan getuig van die soort mens wat hy was. Avron sou Dinsdag 40 jaar oud geword het. Sy ma sê wat haar die seerste gemaak het, was toe Avron se sewejarige dogtertjie, Lee-Avtin Prys, die oggend van sy verjaarsdag vir haar pa gesing het.

“Sy verstaan nie die dood nie, maar sy weet hy is weg. Dit sal by haar insink as sy haar pa gaan sien. Sy is nog nie in daai stadium wat sy vrae vra nie. Sy weet hy is dood, maar sy verstaan nie wat dit beteken nie.”

Kort nadat die ongeluk omstreeks 21:35 gebeur het, het die bestuurder van die Polo van die ongelukstoneel af gevlug. Carol pleit dat die man homself aan die polisie moet gaan oorgee.

“Die ongeluk het my hard getref. Dis baie seer om so ’n tyding te kry oor ’n seun wat gesond is. Dit was baie hartverskeurend vir my en sy ouma, Katriena Pedro (84). Al wat ek vra is dat daai man hom moet gaan oorgee. Die polisie weet waar hy bly, maar hy bly weghardloop. Ek haat hom nie en ek gaan niemand verwyt nie, maar al wat ek vra, is dat hy hom moet gaan oorgee.”

Kapt Louise du Plessis, ’n woordvoerder van die Paarl-polisie, sê ’n saak van strafbare manslag word ondersoek. Du Plessis het bevestig dat die aanvanklike ondersoek bevestig die motor het sonder petrol gaan staan en die ongeluk het gebeur terwyl die manne die motor na die vulstasie gestoot het.

“Die bestuurder van die Volkswagen Polo het te voet van die toneel af gevlug. Al twee insittendes is op die toneel vir ernstige beserings behandel, maar een het op die toneel aan sy beserings beswyk. Die bestuurder wat van die toneel af gevlug het, is geïdentifiseer en die ondersoek na die voorval duur voort. Die saak sal met die senior aanklaer bespreek word sodra die ondersoek afgehandel is.”

* A young father from Paarl, Avron Pedro, died tragically on Saturday night in what is described as a freak accident.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 268/10
India A 276/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.79
+0.4%
Rand - Pond
20.90
+0.4%
Rand - Euro
17.82
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.27
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Goud
1,788.32
+0.2%
Silwer
22.45
-0.2%
Palladium
1,859.00
+0.3%
Platinum
964.50
+0.7%
Brent-ruolie
75.44
+3.2%
Top-40
66,236
-0.4%
Alle aandele
72,669
-0.4%
Hulpbronne 10
69,166
-1.4%
Industriële 25
96,056
+0.1%
Finansiële 15
14,251
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos