In ’n foto wat Saterdagoggend op ’n Facebook-blad geplaas is, lui die inskrywing: “Die foto is by Nieuwedrift-dam in Paarl (Wes-Kaapse provinsie) geneem . . . inwoners word vertel die polisie kan nie reageer nie, aangesien geen voertuie beskikbaar is nie.” Dit het reaksie van die Wes-Kaapse provinsiale polisiewoordvoerder, kol.Andrè Traut gelok, waardeur hy die publiek gerusstel dat dit ’n gemagtige sportgeleentheid was. “Die SAPD is bewus van die voorval waar twee polisievoertuie verlede week by ’n geleentheid by ’n dam in die Paarl afgeneem is, en deur die provinsiale bestuur gemagtig is. Wat die fotograaf hier vasgevang het, was ’n amptelike sportgeleentheid waar polisiebeamptes aan ’n oewerhengelkompetisie deelgeneem het terwyl hulle aan diens was, maar nie hul normale pligte uitgevoer het nie. Die gebruik van amptelike voertuie is vir die doel van die geleentheid gemagtig en amptelike polisieregulasies is nie oortree nie.” Alhoewel die oplettendheid en klagte van die publiek ontvang en waardeer word, sê Traut “is dit die moeite werd om daarop te let dat ons lede onvermoeid onder moeilike omstandighede werk en hul deelname aan sportbyeenkomste deur die bestuur aangemoedig word om hulself te verfris, veral met die feestyd op on