.

Politieke leier in sop ná vuishou

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die leier van die Concerned Drakenstein Residents (CDR) is weer in die sop nadat hy na bewering ’n vrou tydens ’n onlangse optog by die Drakenstein-munisipaliteit aangerand het.

Michael Jacobs en ’n handjievol van sy medelede van dié politieke party het na die munisipale hoofkantoor in Paarl opgeruk en betoog.

Hiertydens het ’n onderonsie tussen Jacobs en ’n vroulike veiligheidsbeampte plaasgevind, waartydens Jacobs glo handgemeen geraak het.

Ná die voorval waarby die gemeenskapsleier/politikus betrokke was, het ’n vroulike veiligheidsbeampte van die munisipaliteit ’n klag van aanranding by die polisie ingedien.

Volgens die vroulike veiligheidswag en getuies het die man en ’n aantal van sy volgelinge – wat aan ’n onwettige optog deelgeneem het – die ingang na die burgersentrum bestorm. Sy het haar plig gedoen en probeer om die hek toe te maak toe die leier hom ingedwing het deur haar uit die pad te stamp.

In die proses het hy na bewering die beampte met die vuis en elmboog in die gesig op haar linkerwang geslaan terwyl hy die gebou binnegedring het. Hy het na bewering aanhou skree en aggressief gevloek terwyl die beampte hulp ontbied het.

Riana Geldenhuis, ’n woordvoerder van die Drakenstein-munisipaliteit, het gesê die DM veroordeel die gedrag van die leier van ’n politieke party by die Paarl-burgersentrum op 8 Oktober “ten sterkste”.

“Die munisipaliteit verdra geen vorm van mishandeling of geweld teen enige personeellid nie en sal ten volle met die polisie in die ondersoek saamwerk.

“Die munisipaliteit het vroeër ’n interdik wat sulke gedrag verbied, teen dieselfde persoon verkry en sal dus ’n klagte van minagting van ’n hofbevel indien.

“Die munisipaliteit is veral gekant teen enige vorm van geweld en geslagsgebaseerde geweld (GBV), en het daarom besluit om verlede jaar ’n program bekend te stel genaamd ‘365 dae teen GBV’ om hierdie plaag uit te lig.

“Dit is van mening dat almal ’n geenverdraagsaamheidsbenadering in die geval van geweld moet beoefen.”

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 268/10 & 186/1
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Australia 0
England 147/10
besig om te laai... Regstreeks
Stellenbosch FC 0
SuperSport United 0
besig om te laai... Regstreeks
Sekhukhune United FC 0
Marumo Gallants FC 0
besig om te laai... Regstreeks
Mamelodi Sundowns 3
Royal AM 1
besig om te laai... Regstreeks
Mamelodi Sundowns 3
Royal AM 1
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.77
+0.5%
Rand - Pond
20.81
+0.9%
Rand - Euro
17.83
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.27
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.8%
Goud
1,784.17
-0.0%
Silwer
22.45
-0.2%
Palladium
1,859.50
+0.3%
Platinum
958.36
+0.1%
Brent-ruolie
75.44
+3.2%
Top-40
65,993
-0.8%
Alle aandele
72,415
-0.7%
Hulpbronne 10
68,614
-2.2%
Industriële 25
95,786
-0.2%
Finansiële 15
14,301
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos