.

Syfers skets somber prentjie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Bheki Cele, die minister van polisie, het verlede Woensdag (23 November) die misdaadstatistieke vir die tweede kwartaal van 2022-’23 aangekondig – kort voor die begin van die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders.

Die syfers is tussen Julie en September vanjaar aangeteken. Cele sê die tempo waarteen vroue mishandel, geskend en sommige in Suid-Afrika vermoor word, bly kommerwekkend en onaanvaarbaar. “Baie [vroue] word vermoor deur die mense wat hulle ken – mense wat hulle liefhet en vertrou,” voeg hy by.

Cele sê ook daar is ’n toename in die syfers vir moord, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer waar vroue die slagoffers is.

“Meer as 13 000 vroue was tussen Julie en September vanjaar die slagoffers van aanranding met die doel om ernstig te beseer; 1 277 vroue was die slagoffers van poging tot moord en nog 989 vroue is gedurende hierdie verslagtydperk vermoor.

“Skokkend genoeg is 558 kinders in net ses maande van April tot einde September in Suid-Afrika vermoor. Die polisie ondersoek dossiere van poging tot moord op 294 kinders van Julie tot September.

“Altesaam 1 895 aanrandingsake met die doel om ernstig te beseer, waar kinders die slagoffers is, is gedurende hierdie verslagtydperk deur die polisie geopen. Dit is waarom die polisie voortgaan om misdade van geslagsge­baseerde geweld te prioritiseer.”

Meer as 10 000 verkragtings is ook in die tweede kwartaal by die polisie aangemeld .

“Tussen Julie en September vanjaar het die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishan­deling en seksuele misdrywe 4 375 oortreders in hegtenis geneem weens misdade wat teen vroue en kinders gepleeg is. Die polisie het gedurende hierdie verslagtydperk 410 verkragters opgespoor en aangekeer. Van hulle is 68 lewenslange tronkstraf opgelê.”

Die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders duur tot 10 Desember.

* Police Minister Bheki Cele announced the crime statistics for the second quarter of 2022-’23 last Wednesday (23 November) shortly before the start of 16 Days of Activism for no Violence against Women and Children.

Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos