.

Wêreldvigsdag fokus op bewusmaking

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Wêreldvigsdag, wat sedert 1988 elke jaar op 1 Desember herdenk word, fokus jaarliks internasionaal op die bewusmaking van die vigs-pandemie, wat veroorsaak word deur die verspreiding van MIV-infeksie.

Vanjaar word Wêreldvigsdag-aktiwiteite gehou by TC Newman CDC (1 Desember), die Gouda-kliniek (2 Desember), die Mbekweni-gemeenskap-sportsentrum (2 Desember) en by die Saron-kliniek (3 Desember).

Inwoners word genooi om die geleenthede by te woon.

Volgens die Wes-Kaapse departement van gesondheid is MIV/vigs en TB die nommereen-gesondheidsprobleem wat in die Kaapse Wynland-distrik voorkom, gevolg deur kanker en ander nie-oordraagbare siektes.

Sandra Maritz, die kommunikasiebeampte van die departement, sê in 2022 het altesaam 856 mense in die distrik met MIV-behandeling begin, van wie 124 inwoners van die Drakenstein is.

“Buiten dat ons reg deur die jaar aktief bewusmaking doen oor MIV/vigs en hoe jy seksueel oordraagbare siektes soos hierdie kan vermy, stel ons en ons vennote deurgaans toetsing en berading beskikbaar.

“Dit is belangrik dat elkeen sy gesondheidstatus ken, verstaan hoe om dit te bestuur, en hoe om ander veilig te hou,” het Maritz gesê.

Sy sê die departement en hul vennote doen alles in hul vermoë om die verspreiding van MIV/vigs te voorkom, en om mense te ondersteun met behandeling en leefstylaanpassings, en hulle vra dat inwoners met hulle hande neem om die verspreiding van MIV te beperk.

“Iemand met MIV/vigs se weerstand teen ander siektes is laag. Daarom word pasiënte ook, soos nodig, vir TB gesif en getoets. Mense wat positief vir TB getoets word, ontvang berading en begin dadelik met medikasie,” sê Maritz.

Volgens haar vaar hul span in die Drakenstein (by veral klinieke) baie goed daarmee om die oordrag van MIV na babas tydens swangerskap te beperk.

“Aangesien die eerste 1 000 dae van ’n lewe so ’n belangrike tydperk is, word vroue ondersteun met inligting voordat hulle met gesinne begin.

“Sodra haar swangerskap bevestig is, word omvattende ondersteuning gegee sodat sy en haar baba so gesond as moontlik bly.

“Personeel doen baie moeite om toe te sien dat vroue wat MIV-positief is, se baba MIV-negatief bly.

“Nog ’n manier waarop personeel die verspreiding van MIV beperk, is deur medikasie, wat MIV kan voorkom, aan mense met ’n besonderse hoë risiko om die virus op te doen, beskikbaar te stel.”

Voorkom MIV/vigs deur slim besluite:. Gebruik altyd ’n kondoom wanneer jy seks het;. Gaan elke jaar vir ’n MIV-toets;. Kry dadelik behandeling vir enige infeksie of uitskeiding by jou geslagsdele;. Mans word aangemoedig om vrywillige mediese manlike besnyding te ondergaan (dit verlaag jou risiko vir seksueel-oordraagbare siektes);. Vroue word aangemoedig om gesondheidswerkers se leiding te volg sodat sy en haar baba tydens die swangerskap, maar ook daarna, so gesond as moontlik bly; en. Mense wat ’n hoë risiko vir blootstelling aan MIV het, kan vra vir voorkomende medikasie (PrEP).

Maritz sê die departement moedig mense wat positief vir MIV getoets is, aan om hul medikasie getrou te neem, soos voorgeskryf.

Indien jy enige ondersteuning nodig het, vra hulp by jou plaaslike kliniek.

Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos