.

Winde spreek sakelui toe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
By Vrydag se sakepraatjie gelei deur Alan Winde (Wes-Kaapse premier; naasregs) was: Christo Conradie (wynkelderbestuurder by Vinpro), Johan Liebenberg, Conrad Poole (DM-burgemeester), dr. Helena von Schlicht (KWDM-burgemeester) en Rico Basson (uitvoerende direkteur van Vinpro).Foto: Lise Beyers
By Vrydag se sakepraatjie gelei deur Alan Winde (Wes-Kaapse premier; naasregs) was: Christo Conradie (wynkelderbestuurder by Vinpro), Johan Liebenberg, Conrad Poole (DM-burgemeester), dr. Helena von Schlicht (KWDM-burgemeester) en Rico Basson (uitvoerende direkteur van Vinpro).Foto: Lise Beyers

Alan Winde, die Wes-Kaapse premier, het Paarl verlede Vrydag besoek om sakelui oor die stand van sake in die provinsie sedert die DA hier aan bewind gekom het, asook die DA se suksesvolle hantering van die Covid-19- pandemie, toe te spreek.

Winde het gesê die provinsiale regering is – net soos die res van die wêreld – onkant betrap deur die vinnige aankoms van die pandemie, maar die DA het dadelik skouer aan die wiel gesit om alle sektore hiervoor te mobiliseer.

Dit het gelei tot ’n uiters suksesvolle bestuur hiervan op alle vlakke, van die gesondheidsdienste tot ’n baie suksesvolle kospakkie-inisiatief vir die immer groeiende aantal behoeftige mense.

Winde het ook teruggekap na die nasionale regering se swak hantering van die pandemie – veral die verskillende vlakke van die inperking.

“Vlak 3 van die inperking was geheel en al kortsigtig en het te vroeg plaasgevind.”

Winde het ook sy mening bekragtig dat provinsiale regerings eerder die reg moet hê om hul eie inperkingsvlakke en regulasies in die grendeltyd te bestuur.

Verder het Winde gesê die Wes-Kaapse regering pas tans alle inperkingsmaatreëls toe om ’n vierde vlaag te voorkom.

Hy het gesê hulle fokus hard op die pad vorentoe om uit die Covid-krisis te beweeg met die kernwoorde “herstel”, “veiligheid”, “werksgeleenthede” en “waardigheid”.

Hy het gesê die pad vorentoe is afhanklik van ekonomiese groei en werkskepping.

“Dit word egter gekelder deur die nasionale regering se burokratiese rompslomp,” het Winde gesê.

“ ’n Voorbeeld hiervan is die ineenstorting van Transnet en Portnet, wat onder meer by tye die Kaapse hawe tot stilstand gedwing het.”

Verskeie lede van die gehoor wat juis rolspelers in die landbousektor is, het saamgestem dat ’n reuseflater begaan is weens die feit dat die hawe wanfunk­sioneer en dat daar soms dae en selfs weke gewag moet word om produkte uit te voer.

Winde het gesê dat die Wes-Kaapse regering druk samesprekings hieroor op Port- en Transnet afdwing.. The Western Cape Premier visited Paarl last week and hosted a meeting with various business leaders.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 188/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.10
-1.0%
Rand - Pond
21.32
+0.2%
Rand - Euro
18.21
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.28
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos