Die liggaam van die vermiste seuntjie bekend as Diego is vanoggend in 'n stukkende motor op 'n erf in Newton, Wellington gevind.
Diego en 'n maatjie albei 3 jaar oud, wie woonagtig is in Coronastraat, is gistermiddag 12 Oktober as vermis aangemeld.
Die meisie is ook vanoggend gevind en na die hospitaal geneem.
Die polisie en hul forensiese eenheid is tans op die toneel. Die omstandighede rondom die kinders se verdwyning is nog nie aan Paarl Post bekend nie.