.
Deel

Vuisfoos oor hoe beurtkrag bestuur word

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ons gemeenskap is nou behoorlik vuisfoos vir beurtkrag, en dan boonop die swak wyse waarop ons munisipale bestuur beurtkrag die afgelope jare bestuur.

Bel die munisipale kantore tydens beurtkrag – of soms selfs wanneer dit nie beurtkrag is nie – en jy kry nie antwoord nie.

Talle baie belangrike verkeersligte is steeds buite werking wanneer beurtkrag geld. Neem nou net Arboretumrylaan se aansluiting by die Paryspad – hierdie pad is deesdae een van Paarl se besigste, maar by hierdie baie belangrike lig is nie eens ’n verkeersbeampte tydens beurtkrag nie.

Waar het die Drakenstein-munisipaliteit ook begin met sonkraginstallasies? Sover ek weet, nêrens, en dit is veronderstel om ’n uitmuntende stad te wees.

En dan – iets wat my heeltemal verbyster laat, is dat ons soms tot 12 uur lank beurtkrag op ’n dag het, maar die munisipaliteit dink dit nog goed om ons warmwatersilinders af te skakel. Dit is absurd, om die minste te sê!

Dan wil ek nie eens dink aan hoe erg die munisipaliteit ons in die begroting gaan straf met verhogings vir elektrisiteit, erfbelasting en ander nie.

Dit is tyd dat ons ons stemme dik maak teen die fat cats wat reuse-salarisse verdien en blink motors ry terwyl die vallei net verval en krepeer.

Drikus van Heerden,
Paarl
Louis Pienaar van die Drakenstein- munisipaliteit reageer: Ons is deeglik bewus van die ontwrigting, ongemak, skade en ekonomiese las wat Eskom-beurtkrag meebring. Die DM gaan self daaronder gebuk en het reeds verskeie maatreëls in plek gestel om volgehoue dienslewering aan ons gemeenskap te verseker en om skade aan munisipale infrastruktuur te beperk. Ons kon verlede week tydelik nie inkomende oproepe ontvang nie weens skade wat hoë vlakke van beurtkragtoepassing aan ons skakelbord aangerig het, maar was binne 24 uur weer operasioneel. Ten alle ander tye is ons tolvrye nommer 080 131 3553 ten volle in werking. Om die impak van Eskom-beurtkrag te verlig ondersoek die munisipaliteit wel maniere om alternatiewe energie te genereer of aan te koop. Die munisipaliteit kan u verseker dat ons nie tydens beurtkrag-toepassing warmwatersilinder-beheermaatreëls toepas nie, omdat inwoners nie die water in hul silinders sal kan verhit nie. Ons vind egter dat inwoners silinder-tydtoestelle geïnstalleer het wat probleme kan veroorsaak.
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
19.28
+1.2%
Rand - Pond
23.97
+1.4%
Rand - Euro
20.65
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.76
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,029.47
+2.4%
Palladium
1,408.13
-1.9%
Goud
1,961.28
+0.7%
Silwer
23.57
-0.2%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,422
-0.8%
Alle aandele
76,603
-0.7%
Hulpbronne 10
69,348
-1.4%
Industriële 25
103,842
-1.2%
Finansiële 15
14,979
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos