.

ATM nooi besoekers vir Internasionale Museumdag

akkreditasie

Ten einde Internasionale Museumdag op 18 Mei te vier bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) Saterdag 21 Mei ’n gratis program in die Paarlse middedorp aan.

Met begeleide toere, unieke rieldansuitvoerings, ’n mark asook kindervermaak en fotogeleenthede beloof die dag nie net pret nie, maar ook die kans om meer oor die omvattende geskiedenis van Afrikaans en die historiese Taalmuseum te wete te kom.

Die Internasionale Museumraad (ICOM) vier sedert 1977 Internasionale Museumdag waardeur museums oor die wêreld heen op of naby 18 Mei die geleentheid gebruik om op skeppende wyse en deur spesiale aktiwiteite uiting aan ’n bepaalde tema te gee. Vanjaar se tema is “Die mag van museums”, wat die kollig plaas op die potensiaal van museums om positiewe veranderings in hul gemeenskappe teweeg te bring. Volhoubaarheid as deel van die Verenigde Nasies se ontwikkelingsdoelwitte, die mag van innoverende digitalisering en toegang asook die potensiaal om sterker gemeenskappe deur opvoeding te help skep is die drie fokuspunte vir vanjaar.

Om praktiese gestalte hieraan te gee, borg die ATM die vervoer en etes vir ’n groep seniors van Sunfield, Wellington, en gratis toegang aan almal, mits die tyd en ruimte dit toelaat. Die geleentheid duur van 09:00 tot 13:00 by Pastorielaan 11. Gratis begeleide toere sal tussen 11:00 en 13:00 plaasvind. Hiertydens sal besoekers meer oor die huis se geskiedenis, die Genootskap vir Regte Afrikaners, Arabies-Afrikaans en die ontwikkeling van die taal, van toeka tot in die toekoms, leer.

Buite sal ’n springkasteel wees en ’n mark wat in besoekers se spys- en drankbehoeftes sal voorsien. Kurio’s sal ook te koop wees. Besoekers kan ook by ’n groot fotoraam voor die museum staan waar hulle foto’s van hulself kan laat neem en dadelik ontvang – teen slegs R30.

Om Internasionale Museumdag verder te vier, sal ’n gratis paneelgesprek op 28 Mei gehou word waar die betekenis van museums en instellings se naamsveranderinge onder die loep sal kom. Hierdie geleentheid van 09:00 tot 13:00 is ook gratis. Gebak, drinkgoed en middagete sal ook te koop wees. Gaste moet vooraf bespreek by 021 872 3441 of bemarking2@taalmuseum.co.za.

Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook.

besig om te laai... Regstreeks
England (w) 328/6
South Africa (w) 284/10
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos