.

Betowerende volmaanpiekniek wink

akkreditasie

Met die nuwe jaar wat weer met ons is, is dit die perfekte tyd om asem te skep en die volmaan van nader op ’n heerlike somersaand op die beeldskone Paarlberg te bekyk.

Daarom nooi die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) almal hartlik uit om hierdie natuurlike verskynsel Saterdag 15 Januarie te kom vier.

Ter ondersteuning van die Sentrum vir Astronomiese Erfenis se projek om inheemse name vir volmane in Suider-Afrika te bevorder, word hierdie piekniek gewy aan die bidsprinkaan, ’n godsdienstige wese van die San-mense wat oorspronklik reg oor Suid-Afrika gewoon het. In die San-tradisie was die bidsprinkaan ’n tipe bedrieër – /Kaggen, die een wat mislei. Met verloop van tyd het hy ook die Nguni-wese geword wat as uThikoloshi bekend staan.

Die pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én toeriste, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig oor die vallei geniet. Gaste kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou en die monument, ’n simboolbelaaide beeldhouwerk sonder weerga, besigtig. Besoekers word ook aangemoedig om die omgewing en tydelike uitstallings te verken en daar is buitelug-speletjies en speelparke vir die kinders.

Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjies (geen glas) te bring of een vooraf by die ATM Koffiehuis via 082 216 2510 of mz@colegson.co.za te bestel. Hierdie nuwe koffiewinkel sal ook spys en drank op die aand verskaf. Onthou ook warm klere en ’n flits en ’n masker. Besoek taalmuseum.co.za/covid-19/ vir die spesifieke protokol.

Toegang kos R40 per volwassene, R10 vir SA studente en pensioentrekkers en is gratis vir kinders onder ses jaar asook jaarpermithouers. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of die hek, en geen besprekings is nodig nie.

Die piekniekreeks word aangebied ten bate van “Laat ons Lees!”, die Taalmuseum se geletterdheidsprojek vir kinders, en besoekers word versoek om ’n nuwe of gebruikte kinderboek te skenk. Die volgende Volmaanpieknieks is op 18 Februarie en 18 Maart. Lees nog oor die Sentrum vir Astronomiese Erfenis by https://cfah.org.za.

Vir nog inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms.

Die monument bied ook heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte.

Die taalmonument en -museum is oop vir besoekers. Jaarpermitte kos R120 vir individue of R220 per gesin, en sluit toegang tot Volmaanpieknieks in.

Rand - Dollar
15.74
+0.6%
Rand - Pond
19.78
+0.3%
Rand - Euro
16.81
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.17
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,849.60
+0.2%
Silwer
21.74
-0.1%
Palladium
1,990.50
+1.0%
Platinum
960.00
+0.2%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,788
+1.3%
Alle aandele
68,367
+1.2%
Hulpbronne 10
74,616
+2.9%
Industriële 25
73,018
+0.1%
Finansiële 15
15,916
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos