.

Die Bôrdienghuis kóók!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Inwoners van die vallei kan in Oktober uitsien na merkwaardige konserte wat by die Bôrdienghuis-teater in Wellington opgevoer word.

Hou jy van chaos en gedigte en musiek en prentjies en nuutskeppings en wyn en goeie tye? Indien ja vir enige of al dié, kom Saterdagaand 2 Oktober na die Bôrdienghuis in Wellington vir Oopmond. Dit gaan ’n grote wees, met Jackie Hancke, Anna-Bet Stemmet, Andries van Pretoria, Anouk Cronje, Louis Duvenhage, Hanru Niemand, Nardus du Plooy, Emma Aspeling en Kobie Meiring.

Oopmond is ’n woord-en-musiek aangeleentheid soos min.

Die bestanddele vir dié ongewone stuk teater is eenvoudig: twee spanne digters en ’n paar musikante, ’n maltrap-seremonie-/skeidsregter. En, natuurlik, ’n pretbeluste, geïnspireerde gehoor.

Die digters en musikante ding as groepe mee. Die digters kry ’n tema (bepaal deur die gehoor) en het tien minute om ’n nuwe, impromptu gedig te skryf, wat dan direk daarna deur ’n span musikante getoonset word. Intussen skep beeldende kunstenaars werke na aanleiding van hul interpretasie van die temas.

Die uiteinde? Twee splinternuwe songs, ’n handvol nuwe gedigte, en fantastiese kunswerke op die koop toe. Net so, daar voor jou oë en om jou ore. Tussendeur is daar warm-onder-die-kraag-toordery met bestaande woorde en oorspronklike musiek.

Die Bôrdienghuis-teater by die Breytenbach-sentrum in Wellington is die skeppende span van Oopmond se nuwe tuiste waar hulle elke kwartaal hul slag met woorde, gedigte, musiek en toonsettings wys.

Kom sluit gerus van 17:00 af aan wanneer heerlike pizzas, wyn en ander drinkgoed te koop sal wees. Die vertoning begin om 19:00 en kaartjies kos R100 pp.

. Op 8 Oktober is dit Jak de Priester se beurt om te vermaak met ’n nuwe eenmanvertoning, ‘Kaalvoet Mona Lisa’. Die sanger/ liedjieskrywer bring 14 liedjies uit sy pen met temas van hoop, liefde, inperking en ook die komiese kyk na hoe die wêreld oornag verander het in 2021.

 Dit is ’n volronde konsert met diep stories, snaakse stories, splinternuwe liedjies en ’n emosionele reis deur die lewe. 

Kaartjies is R150 pp en deure open om 17:00 vir lekker kuier met pizza en wyn; die konsert begin om 19:00.

. In ’n splinternuwe kaalkop-vertoning deel Koos Kombuis, Dana Snyman en Erns Grundling vir die eerste keer die verhoog. Kom sluit aan vir ’n intieme kuier op 15 Oktober om 19:00.

Dié drie kaalkoppe gaan stories en reisherinnerings deel, uit hul boeke voorlees en Koos gaan natuurlik ’n paar liedjies sing. Koos Kombuis het geen bekendstelling nodig nie. Hy is ’n ikoniese sanger en skrywer wat Suid-Afrikaners al dekades lank vermaak en dikwels uitdaag.

Dana Snyman is ’n geliefde skrywer, TV-aanbieder en storieverteller wat ook met die Swarthond-projek help om die stilte oor depressie te breek.

Erns Grundling is ’n skrywer, ywerige stapper en aanbieder van die gewilde kykNET-reisreeks Elders. Hierdie drie kaalkoppe het al wyd gereis en het baie stories en staaltjies om te deel.

Sitplek is beperk; bespreek dus gou vir kaartjies teen R200.

Heerlike pizzas en wyn en ander drinkgoed sal reeds van 17:00 te koop wees.. Sondag 31 Oktober is die nimlike stukkie Afrikaanse volksbesit, Sonja Heroldt, op die planke te sien vir ’n middag van musiek, motivering en inspirasie.

Die pers het Sonja in die jare sewentig beskryf as ’n blonde orkaan wat die plaaslike musiekbedryf getref het, met onvergeetlike treffers soos “Waterblommetjies in die Boland”, “Jantjie” en “Ek verlang na jou”. In 2021 beskryf iemand haar as ’n positiewe sonstraal in ’n donker tyd.

Kom deel in ’n middag van musiek wat jou hart sal raak. Die vertoning begin om 16:00 en kaartjies kos R160.. Bel of WhatsApp Jeannine by 061 156 5386 vir besprekings.Die Bôrdienghuis-teater is by die Breytenbach-sentrum in Burgerstraat 14 in Wellington.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos