.

Geniet piekniek onder volmaan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Met die jaar wat vinnig einde se kant toe staan, is dit nou die perfekte tyd om asem te skep en die volmaan op ’n heerlike somersaand op die beeldskone Paarlberg van nader te bekyk.

Daarom nooi die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se vriendelike personeel almal hartlik uit om hierdie natuurlike verskynsel Vrydag 19 November saam met hulle te vier.

Ter ondersteuning van die sentrum vir Astronomiese Erfenis se projek om inheemse name vir volmane in Suider-Afrika te bevorder, word hierdie piekniek aan die Melkmaan gewy – dit verwys na die feit dat suiwel nog altyd ’n belangrike bron van proteïene vir onder meer die Khoekhoen was. Dit is vars en gefermenteer vir besoekers aangebied, en in die voorbereiding van kos asook die maak van botter gebruik.

Die pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én toeriste, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig van die vallei geniet. Gaste kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou en die monument, ’n simboolbelaaide beeldhouwerk sonder weerga, besigtig. Besoekers word ook aangemoedig om die omgewing en tydelike uitstallings te verken; daar is buitelug-speletjies en speelparke vir die kinders. Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies en drankies te bring. Onthou ook warm klere, ’n flits en ’n masker. Besoek www.taalmuseum.co.za/covid-19/ vir die Covid-19-protokol.

Toegang beloop R40 per volwassene, R10 vir SA studente en pensioentrekkers en is gratis vir kinders onder 18 jaar asook jaarpermithouers. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of die hek, en geen bespreking is nodig nie. Jaarpermitte is beskikbaar teen R120 vir individue of R220 per gesin (tot 30 November 2021 teen ’n 20%-afslag aangebied), wat toegang tot alle volmaanpieknieks insluit. Die piekniekreeks word aangebied ten bate van “Laat ons Lees!”, die Taalmuseum se geletterdheidsprojek vir kinders, en besoekers word versoek om ’n nuwe of gebruikte kinderboek te skenk.

Die volgende volmaanpieknieks is op 18 Desember en dan op 15 Januarie, 18 Februarie en 18 Maart in 2022. Lees meer oor die Sentrum vir Astronomiese Erfenis by https://cfah.org.za. . Skakel 021 872 3441/863 0543, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook vir nog inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die ATM. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte is ook beskikbaar.

Die Taalmonument en -museum is oop vir besoekers – tans met gratis toegang vir kinders onder 18.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.31
+0.1%
Rand - Pond
20.86
+0.0%
Rand - Euro
17.37
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.07
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,839.21
-0.1%
Silwer
24.14
-0.1%
Palladium
1,998.00
-0.3%
Platinum
1,028.24
+0.1%
Brent-ruolie
88.44
+1.1%
Top-40
69,513
0.0%
Alle aandele
76,176
0.0%
Hulpbronne 10
77,000
0.0%
Industriële 25
95,623
0.0%
Finansiële 15
15,206
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos