.

Skattejag wag by Taalmonument

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Besoekers sal die skitterende sterrehemel – spesifiek die planeet Saturnus – van nader leer ken tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se eerste somerpiekniek op Paarlberg op Saterdag 6 November.

Dit beloof om ’n feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees; boonop is ’n pragtige sonsondergang en ’n gratis besoek aan die ikoniese beeldhouwerk ingesluit, én is die aand ten bate van ’n goeie saak.

Gaste kan die sterrehemel verken met behulp van die Orion-observasiegroep (OOG) se lede wat graag hul kennis en teleskope gratis deel. Die fokus is op Saturnus, die tweede grootste planeet in die sterrestelsel, wat danksy 82 mane met die meeste natuurlike satelliete pronk en waarvan die helderheid maklik met dié van baie sterre meeding.

Die pieknieks is gewild onder plaaslike inwoners en oorsese besoekers wat veral die mooie vergesigte van die valleie, berge en Skiereiland geniet. Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies en drankies (geen glas) te bring. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Onthou asseblief verkykers, warm kleding en maskers. Besoekers word aangemoedig om die omgewing te verken en daar is buitelug-speletjies en speelparke vir die kinders. Die piekniekreeks word aangebied ten bate van “Laat ons Lees!”, die Taalmonument se geletterdheidsprojek vir kinders, derhalwe word piekniekgangers gevra om nuwe of gebruikte kinderboeke ter ondersteuning te skenk.

Die geleentheid begin om 18:00 waarna besoekers van 20:00 tot 22:30 deur die teleskope na die hemelruim kan tuur. Toegang kos R50 per volwassenes en R10 vir onder 18’s. Kaartjies is by Computicket of die hek te koop, maar besprekings (021 863 0543/4809 of kommunikasie@taalmuseum.co.za) is noodsaaklik sodat voorsiening vir genoeg teleskope gemaak kan word. Sterrekyk-pieknieks sal helaas gekanselleer word indien die weer nie saamspeel nie – skakel 073 853 3100 of 083 544 6510 vir weernavrae. Kaartjies wat vooraf gekoop is, kan oorgedra of terugbetaal word. . Vir nog inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Heelwat bronne is vir skool- en navorsingsprojekte beskikbaar.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.25
+0.6%
Rand - Pond
20.44
+1.1%
Rand - Euro
17.07
+1.0%
Rand - Aus dollar
10.80
+1.0%
Rand - Jen
0.13
+1.1%
Goud
1,809.85
-0.5%
Silwer
23.15
-1.5%
Palladium
2,357.95
+1.0%
Platinum
1,029.50
-0.5%
Brent-ruolie
89.96
+2.0%
Top-40
66,688
-1.0%
Alle aandele
73,080
-1.0%
Hulpbronne 10
74,787
-0.6%
Industriële 25
90,034
-1.6%
Finansiële 15
14,885
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos