.

Steek kers vir jou kind aan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

“Om ’n kind aan die dood af te staan, is die pynlikste ervaring wat ’n ouer kan hê – en een wat nooit weggaan nie. Maar, wat wel help, is om hieroor met mense te praat wat deur dieselfde gaan.”

Só vertel Mauleen Steenkamp van die Paarl, mede-voorsitter van die Paarl-tak van die Suid-Afrikaanse Compassionate Friends, die internasionale steungroep vir ouers wat ’n kind verloor het.

Compassionate Friends se Kersaansteek-seremonie vind Sondag 21 November om 13:30 by die Gereformeerde kerksaal in Madelieffiestraat in Wellington plaas.

Hulle nooi ouers en familielede wat ’n kind aan die dood afgestaan het, om nuwe bande te kom smee met diegene wat weet waardeur hulle gaan, en om letterlik weer die “drade” terug na die lewe op te tel, al is dit dalk rou en uitgerafel, of dalk selfs op die punt om te breek.

Die boodskap by Compassionate Friends is dat jy deel vorm van die ryk skering en inslag van die lewe, en dat jy nie alleen in jou verdriet is nie.

Compassionate Friends is ’n interkerklike steungroep.

Maandelikse ondersteuningsessies is gratis.

“Ons kom een keer per maand bymekaar as ondersteuningsgroep en hier gesels ons net. Soms luister jy ook net as die woorde jou ontgaan.”

Die Kersaansteek-seremonie op 21 November begin om 13:30, maar belangstellendes moet vroeër aanmeld om Covid-19-protokol na te kom.

Belangstellendes moet ook asseblief vooraf bespreek by Mauleen by (061 841 5020) om sitplekgetalle te finaliseer om aan die Covid-19-protokol te voldoen.

Toegang is gratis, maar besoekers word gevra vir ’n vrywillige skenking van R30 vir Compassionate Friends (’n organisasie sonder winsbejag).

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.36
-0.2%
Rand - Pond
20.56
+0.5%
Rand - Euro
17.12
+0.7%
Rand - Aus dollar
10.86
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,803.01
-0.9%
Silwer
22.89
-2.7%
Palladium
2,261.50
-3.2%
Platinum
1,020.00
-1.4%
Brent-ruolie
89.96
+2.0%
Top-40
66,848
-0.8%
Alle aandele
73,258
-0.7%
Hulpbronne 10
74,738
-0.7%
Industriële 25
90,362
-1.2%
Finansiële 15
14,977
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos