.

Tiende Tuin van Digtersfees gevier

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die gewilde Tuin van Digtersfees, wat oor die jare as die tuiste van die Afrikaanse digkuns in Suid-Afrika gevestig is, word môre (Vrydag 22 Oktober) en Saterdag (23 Oktober) die tiende agtereenvolgende jaar by die Breytenbach-sentrum in Wellington gevier.

Liefhebbers van digkuns kan oudergewoonte uitsien na verskeie bekendstellings van nuwe bundels, voorlesings, boekuitstallings, gesprekke en ’n besondere aanbieding oor vertalings deur PEN Afrikaans, die sing van getoonsette gedigte, ’n pragtige groepkunsuitstalling Recto/Verso, wat deur Frank Kilbourn, voorsitter van Strauss & Co, geopen word, ’n keramiekuitstalling geïnspireer deur Coenie de Villiers se lirieke, veral oor die Karoo, en samesyn tussen digters en liefhebbers van die Afrikaanse digkuns soos nêrens elders nie.

Van die items op die program sluit in: . Alfred Schaffer, die Nederlandse digter wie se gedigte ook al in Afrikaans vertaal is, wat die digter is wat vanjaar gehuldig word.. ’n Spesiale program en voorlesings word aangebied ter ere van die digter PJ Philander, wat in November sy 100ste verjaardag sou vier. . Die Ingrid Jonker-prys vir ’n Afrikaanse debuutbundel word toegeken aan Ryan Pedro vir sy bundel Pienk ceramic-hondjies. . PEN Afrikaans bied ’n paneelbespreking aan oor die vertaling van poësie, wat gelei word deur Marius Swart met deelnemers soos die digters en vertalers Alfred Schaffer en Zandra Bezuidenhout en die uitgewer Nèlleke de Jager. . Turksvy Publikasies stel die bloemlesing pandemiegedigte Maskers en mure (met 142 bekende en onbekende digters) bekend. Benewens ’n gesprek met onder andere een van die samestellers, Daniel Hugo, is van die digters se gedigte deur Frazer Barry getoonset. . Ons Klyntji, die alternatiewe, veeltalige zine wat gedigte, kortverhale, fotografie en strokiesprente publiseer, word onder leiding van Toast Coetzer bekend gestel.. Voorlesings sal gehou word met musiek van gedigte van Breyten Breytenbach se volksboekie Hokhokaai Fragmente, wat hy onlangs in Wellington bekend gestel het. . Die plaaslike Mengelmoes-woordmakers onder leiding van die digter Diana Ferrus.. Deborah Steinmair gesels met Daniël Hugo oor sy jongste bundel Klinkklaar.. Marthie Momberg praat met Bester Meyer oor Die Vlug van die Vreemdeling, sy vertaalde gedigte van Magmoed Darwiesj.. Ashwin Arendse (Swatland), Ryan Pedro (Pienk ceramic-hondjies) en Zandra Bezuidenhout (Derde gety) lees uit hul jongste digbundels voor.. Die Poolse akademikus Jerzy Koch is in gesprek met Daniël Hugo oor Koch se Afrikaanse digbundel Pleks van plaas.. Die fees bied ook ’n oop verhoog, aangebied deur die jeugdireksie van die Breytenbach-sentrum, waar oud en jonk hul gedigte kan voorlees. . Musiek en toonsettings van gedigte deur onder andere Curtis van Kerwel, José Dias, Hanna Pretorius, Bram Potgieter, troeplede van die Wellington Superstars, Frazer Barry en oudergewoonte Riku Lätti en sy digmakers en sangers van die nag.. Wellington is bekend vir sy klopse-groepe en Saterdag tussen 08:00 en 09:00 sal troeplede van die Wellington Superstars woordmakers en liefhebbers van woord, kuns en musiek op eg tradisionele wyse in die digterstuin verwelkom.. Die beeldhouer Angus Taylor se brons kunswerke is ook vanjaar deel van die gewilde groepuitstalling by die Tuin van Digters.. Die tiende Tuin van Digtersfees sluit Sondag 24 Oktober om 16:00 af met ’n uurlange Sondag laatmiddag- klassieke klavierkonsert deur Lara Kirsten in die groot oop Akkoordtent. Vir dié konsert moet jy afsonderlik bepreek teen R150 per person, wat wyn en ligte verversings insluit.

Die fees sal aan alle Covid-vereistes en -regulasies voldoen.

Kaartjies kos R150 vir Vrydag se program, R250 vir al Saterdag se aanbiedings en R350 vir ’n tweedagpakket met Vrydag sowel as Saterdag se aanbiedings.

Studente met ’n geldige studentekaart betaal R100 per dag en opbetaalde lede van PEN Afrikaans kry gratis toegang.

Besprekings (ook vir die klassieke konsert) kan gedoen word by Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of stuur e-pos na besprekings@ breytenbachsentrum.co.za . Die fees word in samewerking met NB-Uitgewers weer moontlik gemaak danksy ’n ruim bydrae van die Dagbreek Trust. Die gewilde Woordtent in die tuin word vanjaar deur Mont du Toit-kelder geborg. Dit is aan die voet van die Hawekwaberge in Wellington geleë en sal as die Mont du Toit-woordtent bekend staan. . Die volledige program is op die webwerf beskikbaar by www.breytenbachsentrum.co.za. Besoek ook die Breytenbach-sentrum se Facebookblad en Instagram vir nog inligting. . Kontak die hooforganiseerder, Francois Lötter, per e-pos by francois@breytenbachsentrum.co.za of by 083 408 1902 vir nog inligting of ander navrae.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 116/5
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10 & 345/9
West Indies 253/10 & 65/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.93
-0.0%
Rand - Pond
21.19
-0.0%
Rand - Euro
18.00
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.28
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Goud
1,775.25
+0.4%
Silwer
22.49
+0.5%
Palladium
1,815.00
+1.7%
Platinum
951.01
+1.1%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,555
0.0%
Alle aandele
71,021
0.0%
Hulpbronne 10
67,557
0.0%
Industriële 25
93,673
0.0%
Finansiële 15
13,890
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos