.

Brandweerman (53) red lewens op meer as een manier

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hier staan Conrad Cupido (agter, tweede van links) saam met sy span by die Sidwell-brandweerstasie. Van links, agter: Neil Hammond, Cupido, Leon May en Eric Petersen. Voor sit Lester Sauls en Charlotte Du Preez.

Tussen brande blus en hadidas bevry wat in bome vasgevang en beseer is, red hy ook lewens op ’n ander manier: deur gereeld in ’n stoel by die bloedbank te gly om sy O-positiewe bloed wat in baie groot aanvraag is, te skenk, onlangs vir die 50ste keer.

Conrad Cupido (53), ’n brandweerman by die Sidwell-brandweerstasie in Nelson Mandelabaai, het onlangs ’n medalje van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) ontvang om sy 50ste bloedskenking te herdenk.

Cupido het ook ietwat van ’n bekende geword toe die video van die heldedaad waar hy en sy kollegas onlangs ’n hadida-voël gered het, op sosiale media versprei is.

Die voël was in stringetjies tou vasgevang en hy het hulpeloos in ’n boom gehang en geskreeu totdat Cupido en sy span opgedaag en die voël losgeknip het.

Volgens Cupido het hy heel toevallig brandweerman geword, nadat hy ’n ou skoolvriend geneem het om ’n toets vir die brandweerdiens te skryf.

“Ek het vir hom gevra of ek ook die toets kan skryf en toe hy ja sê, het ek dit gedoen. Dit is hoe ek in die brandweer gekom het. Dit is nie dat ek drome daaroor gehad het nie, maar ek voel dit is hoe die Meester dit bestuur het. Vandag is ek 33 jaar in die brandweerdiens nadat ek op 1 Februarie 1988 begin het. Dit is harde werk en ek is baie lief vir my werk,” vertel Cupido.

Brandweerman, Conrad Cupido, se O-positiewe bloed is hoog in aanvraag en hy skenk graag.
Conrad Cupido het onlangs sy 50ste bloedskenkmedalje asook ’n sertifikaat ontvang.

Hy vertel aan jongmense dat die brandweer, maar ook enige ander uniform-werk, iets is waarvoor jou hart reg moet wees omdat jy met mense moet werk.

“Dit gaan nie oor die geld nie. Ek het myself ingeleef in my werk en vat nie eens baie vakansiedae nie omdat ek net by die werk wil wees. Dit is harde werk en het my baie dinge geleer.

“Ek kan net aan ons jongmense sê dat harde werk nog nooit iemand doodgemaak het nie. Dit leer jou mooi lesse in die lewe en as jy mense kan help, nog beter. Ons moet leer om nie te selfsugtig te leef nie, maar te dink aan jou medemens. Die vergoeding daarvoor kan ’n mens nie in geldwaarde omskryf nie.”

Hy vertel dat hy ook toevallig begin bloed skenk het. Hy was een dag in ’n winkelsentrum toe hy ’n area sien wat afgeskort is en die SANBD se bussie daar geparkeer sien staan.

“Ek het hulle begin vrae vra oor wat hulle met die bloed doen, ensovoorts en daar en dan het ek besluit dat elke bietjie help, daarom sal ek my deel bydra. Miskien beland ek ook eendag in ’n situasie waar ek baie bloed nodig het, maar ek het besluit dis nie net vir myself nie, ook vir ander mense.”

Hy het toe getrou begin bloed skenk en onlangs die 50-merk behaal.

Toe Maryke Harris van die SANBD hom bel en sê dat hulle vir hom ’n sertifikaat en medalje het, was hy aangenaam verras.

“Ek het nie geweet dat die bloedbank sulke dinge doen nie. Om my waardering te wys, het ek gegaan om dit te ontvang en toe hulle hoor ek is in die brandweer, wou hulle weet hoe dit met die hadida gaan en het hulle my ook baie bedank,” sê hy.

“As brandweerman waardeer jy altyd ’n woordjie van dankbaarheid omdat dit nie iets is wat jy altyd kry nie. Ek sal altyd sê ons hardloop na die gevaar waarvan mense weghardloop want ons werk is om lewens te red.

“Later is dit nie meer plig om lewens te red nie, maar dit word ’n liefde om vir andere te leef. Dit is hoe ek graag ons jongmense wil aanhits om te leef: vir andere.”

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.06
-0.1%
Rand - Pond
20.68
-0.1%
Rand - Euro
17.47
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,800.49
+0.2%
Silwer
24.05
+0.1%
Palladium
1,976.24
+0.7%
Platinum
1,015.50
+0.4%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
60,874
0.0%
Alle aandele
67,475
0.0%
Hulpbronne 10
63,082
0.0%
Industriële 25
87,253
0.0%
Finansiële 15
14,054
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos