.

KYK | Eerste wenner van 'PE Express' se Potjiemeester gekroon

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die top vyf finaliste was, van links, Logan Draghoender (koedoepotjie), Clayton Noemdo (beesstert potjie), Zanele Sonqayi (afvalpotjie), Michael Wilson (hoenderpotjie) en Juan Brand (kerrie varkpotjie).
Die top vyf finaliste was, van links, Logan Draghoender (koedoepotjie), Clayton Noemdo (beesstert potjie), Zanele Sonqayi (afvalpotjie), Michael Wilson (hoenderpotjie) en Juan Brand (kerrie varkpotjie).
Foto: Zeldré Strauss Swanepoel

Toe sy vrou vir hom sê dat sy hom vir ’n potjiekoskompetisie ingeskryf het en dat “mense hom sou bel”, het hy geen idee gehad wat vir hom voorlê nie.

Die minste wat Logan Draghoender verwag het, is dat hy nie net die vuur moes aansteek en sy beste potjiekos nog maak nie, maar dat hy die hele kompetisie sou wen.

Die 39-jarige Draghoender, ’n motorwerktuigkunde van Missionvale in Nelson Mandelabaai, het onlangs weggestap met die gesogte titel as PE Express se eerste potjiekosmeester.

Draghoender se lipleklekker koedoepotjie het die drie beoordelaars se asems weggeslaan en hulle nie genoeg van die romerige sous en sagte vleis kon kry nie.

“Dis seker as gevolg van die Amasi,” sê Draghoender met ’n glimlag.

“Dit gee die pot ’n lekker smaak en maak dit ook romerig."

Een van die beoordelaars - omroeper en platejoggie Jacques Arendt - se kommentaar was dat die potjie verskriklik lekker was.

Volgens vermaaklikheidster en plaaslike komediant, Francois Scholtz, wat ook ’n beoordelaar was, het “my maag nog nooit so lekker verjaar op ’n Dinsdag nadat my debietorders afgegaan het nie.”

Die derde beoordelaar, professionele sjef en eienaar van This is Me, Lu-Ann Moffett, het gesê, “Dit was verskriklik lekker met net genoeg sout in. Ek het nie gevoel dat ek enigiets wou bygooi nie.”

Draghoender vertel dat hoewel sy potjie al die praatwerk gedoen het in die kompetisie, is dit eintlik sy vrou, Jo-Ann, se hulp en motivering wat die wen beklink het.

“Ek was nie van plan om in te skryf nie, dit was haar idee. Sy het net vir my gesê dat sy my ingeskryf het en dat mense my sou bel. Sy het ook genoem dat sy die koedoepotjie ingeskryf het,” sê hy laggend.

Hy en vroulief maak ten minste twee maal ’n week potjie op die vuur en dit wissel tussen rooivleis, hoender en wildsvleis.

“Ons het ’n afdak voor en langs die huis so die weer kry ons nie onder nie. Ek hou nie daarvan as my vrou so in die kombuis moet rondstaan wanneer daar liewer ’n vuurtjie gemaak kan word nie.”

Op die vraag oor hoe hy gevoel het toe hy as die wenner aangekondig is, antwoord hy: “Jy het dan gesien hoe spring ek in die lug toe ek my naam hoor! Ek het dit nie verwag nie maar dit was wonderlik.”

Volgens Draghoender het hy en Jo-Ann self die resep uitgewerk deur hier en daar verskillende bestanddele te gebruik om ’n resep te vorm.

“Ons gebruik ons eie speserymengsel wat ons self aanmaak vir al ons verskillende potjies. Dit was maar die tweede keer dat ek dié resep gemaak het en dit het sowaar gewen. Die groot verskeidenheid pryse wat ek gekry het, is ook nie te versmaai nie,” sê hy trots.

Sy raad aan ander potjiekosliefhebbers is om eers die vleis in wit asyn op te kook om te verseker dat dit sag word.

“Jy moet ook nooit jou pot te vinnig kook nie. Al vat dit jou ’n uur langer, laat die pot stadig kook op ’n middelmatige vuur. Dis die moeite werd.”

besig om te laai... Regstreeks
Garden Route Badgers 158/9
Eastern Cape 158/6
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos