.

‘PE Express’ loer in by ATKV/PE Express SKOON-wenners

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Inspireer mense rondom jou om op klein skaal te begin herwin.
Inspireer mense rondom jou om op klein skaal te begin herwin.
Foto: Pixabay

Die PE Express het bietjie met die wenners van die ATKV/PE Express SKOON-kompetisie gesels om te hoor hoe dit met hul herwinning gaan.

Hoekom het jy ingeskryf vir die SKOON-kompetisie?

Elsabé Loxton: Ek het ingeskryf omdat ek ’n verskil wou maak en ook help om besoedeling te verminder.

Daisy Prince: Ek het vir die kompetisie ingeskryf omdat ek graag mense in ons buurt wou bewus maak van herwinning.

Barenise Diedericks: Ek het ingeskryf vir die SKOON-projek omdat ek glad nie daarvan hou om net alles in die asblik te gooi nie. Ek wil graag soveel as moontlik items herwin en ek glo ook daaraan dat ons die planeet moet skoonhou.

Watter twee herwinbare items het jy gekies om te herwin en hoekom?

Elsabé Loxton: Plastiek en papier.

Daisy Prince: Ek is besig om plastiek en papier te herwin. Hier is soveel plastiekbottels wat rondlê. Op só ’n manier herwin ons dit weer.

Barenise Diedericks: Ek het plastiek en papier gekies omdat dit die items is wat meestal in die rommel beland, veral in my huishouding.

Hoe ondervind jy die hele herwinningsproses – is dit maklik of moeilik en hoekom?

Elsabé Loxton: Dis is ’n baie opwindende projek, want dit is items wat daagliks gebruik word en maklik bekombaar is.

Daisy Prince: Ek vind hierdie ervaring heelwat gerieflik. So lê daar nie onnodige rommel oral in ons kinders se speelpark rond nie.

Barenise Diedericks: Ek geniet dit om my items in die aparte houers te gooi. Ook omdat ek weet dat ek elke maand ’n doel voor oë het.

Span jy ander mense in jou huishouding of gemeenskap in om te help met herwinning? Vertel ons bietjie meer hiervan.

Elsabé Loxton: My familie, vriende en van die gemeenskapslede help om in te samel en veral die kinders geniet dit.

Barenise Diedericks: Ek span definitief my gesinslede in. My ouers het ook ’n passie om items te herwin. Hulle het boeke en melkkartonhouers versamel en by my kom aflewer. Selfs ander familielede ook.

Sal jy voortgaan met herwinning ná die drie maande?

Elsabé Loxton: Ek sal graag wil herwin, maar omstandighede buite my beheer maak dit tans onmoontlik om die herwininngsprojek voort te sit.

Daisy Prince: Ek sal definitief voortgaan met hierdie projek ná die drie maande, want ons almal help en ons leer ook om beter te wees vir ons gemeenskap.

Barenise Diedericks: Ek het nou so gewoond geraak om nie plastiek en papier in die vullisblik te gooi nie dat ek steeds sal voortgaan om my rommel te skei.

As jy ander mense kan motiveer om te begin herwin en die belangrikheid daarvan, wat sal jy vir hulle wil sê?

Elsabé Loxton: Ja ek beveel herwinning ten sterkste aan vir gemeenskapslede, want dit sal minder besoedeling in ons oseane en omgewing teweeg bring.

Daisy Prince: Wanneer ons die mense vertel van hierdie projek, voeg ons by dat dit nie net ’n eenmalige projek is nie en dat ons as ’n gemeenskap kan saamstaan om vir ons kinders se kinders ’n beter planeet agter te laat.

Barenise Diedericks: Ek sal ander mense motiveer om te herwin deur te sê dat dit regtig vervullend is om te weet dat jy in jou klein hoedanigheid ’n verskil maak. Dis ’n ingesteldheid wat ’n mens by jouself moet kweek dat jy jou deeltjie doen om ons planeet te red. Dis ons kinders se toekoms en dit is goed om hulle reeds vroeg be-wus te maak dat hul ’n verantwoordelikheid het om die planeet op te pas.

besig om te laai... Regstreeks
West Indies 408/10
Bangladesh 234/10 & 73/4
besig om te laai... Regstreeks
England 360/10 & 183/2
New Zealand 329/10 & 326/10
Rand - Dollar
15.80
+1.1%
Rand - Pond
19.40
-0.0%
Rand - Euro
16.67
+0.1%
Rand - Aus dollar
10.96
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,827.37
0.0%
Silwer
21.15
0.0%
Palladium
1,880.50
0.0%
Platinum
911.50
0.0%
Brent-ruolie
113.12
+2.7%
Top-40
59,993
+1.6%
Alle aandele
66,349
+1.6%
Hulpbronne 10
64,422
-0.2%
Industriële 25
76,590
+2.6%
Finansiële 15
15,623
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos