Deel

Bedrogsaak: Steven Jonkers en kie se verhoor begin

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die aangeklaagdes is van links Renier van Rooyen (62) en Claudius Gerald Peterson (57), wat ook direkteure van Defensor Electronic Security Systems is, en Steven Jonkers (55), eertydse departementshoof van gesondheid en nou adjunk-direkteur-generaal in die kantoor van die premier.
Die aangeklaagdes is van links Renier van Rooyen (62) en Claudius Gerald Peterson (57), wat ook direkteure van Defensor Electronic Security Systems is, en Steven Jonkers (55), eertydse departementshoof van gesondheid en nou adjunk-direkteur-generaal in die kantoor van die premier.
Foto: Charné Kemp

Die verhoor van die eertydse Noord-Kaapse departementshoof van gesondheid wat saam met drie ander van bedrog met ’n sekuriteitstender van R384 miljoen aangekla word, duur Dinsdag 7 Maart voort wanneer die staat sy getuienis gaan lei.

Die saak spruit uit ’n sekuriteitskontrak wat die departement van gesondheid in 2014 aan die Defensor-sekuriteitsmaatskappy toegeken het. Opposisiepartye het destyds kapsie teen die kontrak gemaak.

Maandag het die aangeklaagdes skuld op al die aanklagte ontken.

Hulle is Steven Jonkers (55), deesdae adjunk-direkteur-generaal in die kantoor van die premier en eertydse departementshoof van gesondheid, Defensor Electronic Security Systems asook sy direkteure, Renier van Rooyen (62) en Claudius Gerald Peterson (57). Die beskuldigdes het geen pleitverduideliking of erkennings ingedien nie.

Die staat voer aan die beskuldigdes het tussen 13 Maart 2014 en 20 Oktober 2017 geheul en ’n wanvoorstelling in tenderdokumente gemaak om die departement te bedrieg. Die departementshoof moes inderwaarheid nie die kontrak aan hulle toegeken het nie.

Van Rooyen en Peterson word daarvan verdink dat hulle nie die vereistes vir tender nagekom het toe die bod ingedien is nie. Die maatskappy was nie by die Reguleringsowerheid vir die Privaatveiligheidsbedryf (Prisa) geregistreer nie. Hulle het na bewering ook ’n vals belastingklaringsertifikaat ingedien. Die twee het na bewering ook voorgegee dat hulle nie enige belange in verwante maatskappye het nie.

Jonkers het as rekenpligtige beampte na bewering die departement en personeel mislei dat hy tevrede was dat verkrygingsvereistes nagekom is. Dit behels dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ’n geldige belastingsklaringsertifikaat aan Defensor uitgereik het, dat die maatskappy drie jaar se geouditeerde finansiële state ingedien het en by Prisa geregistreer was.

Die vereistes van die Wet op Openbare Finansies is na bewering op opsetlike, onwettige en roekelose wyse geïgnoreer, luidens die akte van beskuldiging. As rekenpligtige beampte moet Jonkers ’n regverdige, deursigtige, kompeterende en koste-effektiewe aankoopproses volg en onreëlmatige en vermorste uitgawes voorkom.

Jonkers het glo die oorspronklike bod van R224 miljoen goedgekeur, asook ’n verdere aanpassing van R160 miljoen toe die kontrak onderteken is.

Adv. Isaac Mphela kla aan. Advv. Willem Edeling, SC, en Kristle Peterson tree namens al die beskuldigdes op.

Waarnemende regter Omphemetse Shwaro lei die verhoor.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.34
-1.0%
Rand - Pond
22.51
-1.2%
Rand - Euro
19.79
-1.0%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.7%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Platinum
969.79
+0.2%
Palladium
1,410.28
+0.7%
Goud
1,953.43
-1.3%
Silwer
22.99
-1.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,785
+0.9%
Alle aandele
75,284
+0.8%
Hulpbronne 10
64,924
+1.0%
Industriële 25
102,191
+0.6%
Finansiële 15
15,417
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos