Brits tot 25 j. gevonnis ná erkenning van skuld

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Suretha
Suretha Brits vee trane af in die beskuldigdebank.

Suretha Brits (31) wat Maandag (15/11) in die hooggeregshof in Upington tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis is nadat sy erken het sy was agter die huurmoord op haar man Leon Brits, het trane afgevee terwyl sy in die beskuldigdebank gesit het. 

Leon, bekende sakeman en eienaar van die Pofadder-hotel, is op 7 Oktober 2020 in sy huis in Pofadder met ‘n hondeketting verwurg en sy lyk in die swembad gegooi. Vuurwapens, Krugerrande, diamante en geld is uit die kluis gebuit om die ware motief van die moord weg te steek.

Volgens Suretha is Leon vermoor omdat hy haar as tiener gedwing het om hul tweeling te aborteer en het hy haar jare lank fisiek en emosioneel mishandel. Hy wou nie skei nie.

Adv. Barry Roux, Suretha se regsverteenwoordiger wat in opdrag van Sandy du Plessis opgetree het, het voor die verhoor saggies met haar gesels om haar meer gemaklik onder die tientalle pare oë en flitsende kameras te maak. Anders as met haar eerste verskynings in die landdroshof in Pofadder, was haar hare vol krulle en het sy grimering aangehad. Nadat sy in die beskuldigdebank plaasgeneem het, het sy omgekyk. Geen van haar familielede of vriende was soos met vorige verskynings in die hofsaal nie. 

Jacques van Vuuren (37), Enrich Williams (34) en Amantle Bareki (24) was die eerste verdagtes wat in die weke ná die voorval deur die ontslape brig. Dick de Waal en sy ondersoekspan in hegtenis geneem is. Kol. Pieter Benade behartig nou die ondersoek.

Van Vuuren het ’n staatsgetuie ná sy skuldigbevinding en vonnisoplegging geword. Hy dien effektief 20 jaar tronkstraf uit weens die moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens. 

Adv. Hannes Cloete het met die aanvang van die verhoor gesê die aanklagte van besit van onwettige vuurwapens en ammunisie, asook drie aanklagte van regsverydeling teen Suretha, is teruggetrek. Sy is ‘n vonnis van 25 jaar vir moord en 15 jaar vir roof opgelê, wat samelopend uitgedien sal word. Suretha se verhoor is Maandag van dié van Williams en Bareki geskei, wat op 22 November ‘n aanvang neem. Na verwagting sal Van Vuuren en Suretha teen hulle getuig. 

Suretha erken die verkeerdheid van haar dade, dat dit ’n voorafbeplande moord was. Sy het ook geweet ’n rooftog sou gepleeg word om die ware motief vir die moord te verdoesel.

Sy voer aan Leon het haar mishandel en haar hul hele lewe saam lank domineer.

Haar pa is dood toe sy nege jaar oud was, wat die gesin emosioneel en geldelik weerloos gelaat het. Sy het vriende met Leon, wat 11 jaar ouer as sy was, geword. Hy was soos ‘n pa-figuur, maar het druk op haar toegepas om seksueel met hom te verkeer. Sy het op 15 jaar oud swanger met ‘n tweeling geword. Hy het haar op 12 weke in die swangerskap gedwing om ’n aborsie in Ceres te ondergaan. Sy moes dit alleen deurgaan terwyl hy in die kar gewag het.

Dit was sielkundig uiters traumaties, ook weens beserings wat sy tydens die aborsie opgedoen het. Hulle was steeds in ’n verhouding, maar hy seksueel veeleisend. Sy het ná skoolure in die Pofadder-hotel gewerk, wat hy besit het. In gr. 12 het sy weer swanger geraak, maar geweier om ’n aborsie te ondergaan. ’n Dogter is gebore. Sy is met Leon getroud toe sy 19 was en het dadelik swanger met hul tweelingseuns geword.

Intussen het hul verhouding verswak en het hy in jaloerse woedebuie uitgebars. Toe sy hom oor sy buite-egtelike verhouding konfronteer, het hy gesê hy sal alles van haar wegvat. Sy het ook buite-egtelike verhoudings gehad. Leon het gesê as sy wil skei, sal hy haar en homself doodmaak. Hy het hulle goed versorg en was ‘n liefdevolle pa vir die drie kinders.

Hul kinders is nou in 'n familielid se pleegsorg. Dit is in hul belang dat sy skuldig gepleit het. Sy het ter strafversagting aangevoer sy het berou, is ’n eerste oortreder en dat sy gerehabiliteer kan word. Die pleitooreenkoms sal haar kinders standvastigheid gee om met behulp van berading die traumatiese gebeure te verwerk. Dit bespaar haar vriende en familie die stres van ’n verhoor.

suretha
Suretha Brits praat met haar regsverteenwoordiger, adv. Barry Roux.


besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 212/10
India A 276/10 & 101/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.83
+0.6%
Rand - Pond
21.01
+0.8%
Rand - Euro
17.92
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.19
+0.9%
Rand - Jen
0.14
+0.6%
Goud
1,768.40
+0.0%
Silwer
22.27
-0.5%
Palladium
1,839.50
+3.1%
Platinum
949.50
+1.0%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,536
-0.0%
Alle aandele
71,020
0.0%
Hulpbronne 10
67,074
-0.7%
Industriële 25
93,826
+0.2%
Finansiële 15
13,996
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos