Deel

Dienste ontoereikend

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Oorgroeide substasie op die hoek van Lodge-weg en Salisburystraat in Belgravia, Kimberley. Groot bome teen die substasie, asook lang gras en ’n bos riete wat in ’n permanente waterlek gedy, skep ’n ernstige brandgevaar. Dit versper ook die uitsig van motoriste en voetgangers. Boonop sukkel inwoners van die buurt met haweloses wat hulself hier tuismaak, en wat die moontlikheid van brandgevaar verhoog. ’n Inwoner het op eie koste en inisiatief ’n metaalstaaf voor die deur aangebring om die deur toe te hou en diefstal vanuit die substasie te probeer verhoed.
’n Oorgroeide substasie op die hoek van Lodge-weg en Salisburystraat in Belgravia, Kimberley. Groot bome teen die substasie, asook lang gras en ’n bos riete wat in ’n permanente waterlek gedy, skep ’n ernstige brandgevaar. Dit versper ook die uitsig van motoriste en voetgangers. Boonop sukkel inwoners van die buurt met haweloses wat hulself hier tuismaak, en wat die moontlikheid van brandgevaar verhoog. ’n Inwoner het op eie koste en inisiatief ’n metaalstaaf voor die deur aangebring om die deur toe te hou en diefstal vanuit die substasie te probeer verhoed.
Foto: Helena Barnard

“Die regering se eerste prioriteit is om die infrastruktuur-uitdagings wat in al ons dorpe bestaan, aan te spreek, en as ’n beginpunt fokus ons op Kimberley,” het die premier van die Noord-Kaap, dr. Zamani Saul, Donderdag (02/03) tydens sy provinsiale rede gesê.

Na aanleiding van verlede week se foto oor ontblote stormwaterslote en mangate sonder deksels in die gedrukte NoordkaapBulletin, en ’n reeks foto’s daaroor op die koerant se Facebook-blad, het lesers van talle dorpe duidelik laat blyk dat hulle dié en soortgelyke beloftes van die verlede nie vertrou nie.

“Warrenton lyk haglik en al twee weke waterloos met Vaalrivier wat deur die dorp loop,” skryf Rudolph Potgieter.

Oor Olifantshoek skryf Frank Titus: “Water shortages for weeks. Drains overflow. No post office to renew licence disc. Drug addicts that don’t sleep trying to steal from you. Hospital that has no nurse sometimes.”

“Hopetown lyk sleg ons sit nou al drie dae sonder water. 15 000 mense woon hier die helfte in sinkhuise,” laat weet Ansa Wiid DeWet, wie ook sê dat die dorp nie ’n poskantoor of lisensiekantoor het nie.

Johanna Hugo sê Philipstown het ’n spookdorp geword, met dwelmhandelaars wat oorvat.

George van den Heever sê Postmasburg is die vuilste dorp.

Gert Eiman skryf: “Rietfontein en omliggende dorpe sit met ’n hoë werkloosheidsyfer. Loubos buite Rietfontein is nou al vir jare sonder ’n kliniek. Behuising is ook ’n probleem en ATM’s kort in Rietfontein.”

Charlotte Jansen van Vuuren merk op dat mangatdeksels gesteel word om by skrootwerwe te verkoop.

Jeff van Neel sê diegene wat sê dat hulle te veel kla, moet self kom kyk want Namakwa stort ineen.

“Kyk hoe lyk Daniëlskuil se paaie in die woongebied van Kuilsville. Dis tragies,” sê Barbara Struis-Geduld.

Oor Victoria-Wes sê Sophia Beginsel: “Kom kyk self want as ek nou begin dan skryf ek ’n boek van Victoria-Wes.”

“Die ergste is Kimberley is die hoofstad van die Noord-Kaap maar kyk hoe lyk ons dorp,” merk Amelia Hayman op.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.33
-0.9%
Rand - Pond
22.51
-1.2%
Rand - Euro
19.78
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.7%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Platinum
975.88
+0.8%
Palladium
1,414.74
+1.0%
Goud
1,957.80
-1.1%
Silwer
23.00
-1.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,785
+0.9%
Alle aandele
75,284
+0.8%
Hulpbronne 10
64,924
+1.0%
Industriële 25
102,191
+0.6%
Finansiële 15
15,417
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos