Deel

Hartswatermoorde: Beskuldigdes ‘gebruik slagoffer se selfoon’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die vier beskuldigdes Vrydag 19 Mei in die hooggeregshof in Kimberley. Van links voor staan Donald Seoleseng (21) en Tshepo Visagie (36) terwyl Kgomotso Mpulwana (43) sit. Tsepaone Melato (20) staan by die agterste bank.
Die vier beskuldigdes Vrydag 19 Mei in die hooggeregshof in Kimberley. Van links voor staan Donald Seoleseng (21) en Tshepo Visagie (36) terwyl Kgomotso Mpulwana (43) sit. Tsepaone Melato (20) staan by die agterste bank.
Foto: Charné Kemp

Die selfoon-ontleding wat ’n polisielid gedoen het ná die grumoorde op Danie en Breggie Brand en hul dogter Elzabie Brand toon dat die beskuldigdes naby die moordtoneel in Hartswater was en dat Elzabie se foon saam met een van hul selfone beweeg het.

Boonop is oproepe van haar foon na mense gemaak wie se nommers ook op van die beskuldigdes se fone gestoor is.

Die drie gesinslede het op 26 Julie 2020 verdwyn en hul lyke is die volgende nag en dag op verskillende plekke in die veld gevind.

Die aangeklaagdes is Donald Seoleseng (21), Tshepo Visagie (36), Kgomotso Mpulwana (43) en Tsepaone Melato (20). Elkeen word aangekla van drie aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, ontvoering en regsverydeling. Hulle het na bewering die lyke in Taung versteek om die moorde te verdoesel. Seoleseng wat glo uit die vangwa ontsnap het, is weer aangekeer en word van ontsnapping aangekla. Visagie het na bewering ’n skootrekenaar en selfoon wat aan die oorledenes behoort het, verpand.

Die Brand-gesin is volgens die staat by hul kleinhoewe aangerand, ontvoer en vermoor en die volgende dag as vermis aangemeld. Verskeie besittings en twee motors, ’n rooi Nissan Micra en ’n silwer Mazda 5, was weg van hul perseel. Die polisie het daardie nag van die verdagtes in die Mazda op die N18-roete in hegtenis geneem. Die rooi Nissan is verlate in ’n gruisgroef ontdek. Danie en Elzabie se lyke is naby Taung in die veld gevind, met lappe bedek, en hul hande en voete vasgebind. Breggie is op ’n ander plek in ’n rotsskeur by ’n fontein gevind. ’n Tou was deur haar mond gebind en sy was in ’n duvet toegedraai.

’n Patoloog het vroeër getuig dat Elzabie erg aangerand en verwurg is. Danie is aan noodlottige kopbeserings, wat frakture insluit, dood. Hy het elf wonde net aan sy kop gehad. Breggie is weens verskeie traumatiese beserings aan haar kop en nek oorlede. Danie het ook ’n diep verdedigingswond aan sy linkerarm gehad terwyl Breggie gebreekte ribbes gehad en deur haar keel gesteek is.

Kapt. Hanlie Conradie, selfoonanalis, het Vrydag 19 Mei in die hooggeregshof in Kimberley getuig hoe sy inligting van selfoonrekeninge gebruik het om die verdagtes se bewegings en selfoonkommunikasie na te speur.

Visagie se selfoonaktiwiteit is op die dag voor die voorval, die dag van die voorval en twee dae daarna bestudeer. Die foon het in die tydperk tussen selfoontorings in Taung, Hartswater en Motsweding beweeg. Die selfoontorings naby die moordtoneel is in Motsweding en by die Magogong-silo.

Visagie se selfoon het op 26 Julie om 13:26 op die Motsweding-toring naby die moordtoneel registreer. Sy persoonlike foon het vanaf 14:01 saam met Elzabie se selfoon in Taung beweeg. Daarna is sy foon afgeskakel en het weer om 15:10 by die Motsweding-toring registreer.

Vanaf 14:08 het Elzabie se foon heen en weer beweeg tussen verskillende torings wat Taung, Motsweding en Motakaneng insluit.

In dié tydperk wat Visagie se foon af was, is verskeie selfoonnommers wat ook op sy persoonlike foon gestoor is, van Elzabie se foon gebel. Vyf oproepe is vanaf 14:08 van Elzabie se foon na ene Kagisho Borali gemaak. Toe oproepe teen 16:44 en 16:45 gemaak is, was haar foon weer in die Taung-gebied.

Omdat dieselfde kontakte ook op Visagie se foon is, meen Conradie dat Visagie meesal Elzabie se foon gebruik het om oproepe na die kontakte te maak. Van Seoleseng se kontakte wat op sy foon gestoor is, is ook van Elzabie se foon gebel.

Realeboga Manyedi (wat later ’n staatsgetuie geword het) se foon het laatmiddag ook oproepe vanaf Elzabie se foon ontvang.

Visagie en Melato se selfone het ook die dag vooraf, op die dag en die dag ná die moord, kontak met mekaar gemaak. Seoleseng se foon was op die betrokke dag om 13:05 in kontak met Melato se foon, wat op ’n toring by die moordtoneel registreer het.

Met haar ontleding van Elzabie se selfoon, het Conradie twee foto’s van Mpulwana ontdek wat op 27 Julie 2020 om 11:49 en 12:32 met Elzabie se foon geneem is.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
United Arab Emirates 227/7
West Indies 306/10
Rand - Dollar
19.20
+0.4%
Rand - Pond
23.85
+0.5%
Rand - Euro
20.53
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.81
-0.4%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
1,033.45
+0.7%
Palladium
1,412.92
+0.5%
Goud
1,962.89
+0.1%
Silwer
23.60
+0.1%
Brent-ruolie
76.71
+0.8%
Top-40
71,632
+0.3%
Alle aandele
76,840
+0.3%
Hulpbronne 10
69,525
+0.3%
Industriële 25
103,876
+0.0%
Finansiële 15
15,144
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos