Ma wens vir skoolbywoning vir seun (11)

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Vroeëre foto van die 11-jarige Aspergersindroomlyer.
’n Vroeëre foto van die 11-jarige Aspergersindroomlyer.
Foto: verskaf

Een van die grootste wense van ’n enkelma van Kimberley vir 2023 is dat haar 11-jarige seun sal kan voortgaan met die bywoning van ’n skool in die Diamantstad wat in die onderrig van kinders met spesiale leerbehoeftes spesialiseer.

Op haar wenslys is ook dat twee voortslepende hofsake wat haar en haar twee seuns direk beïnvloed, vanjaar ’n einde sal bereik.

Mentally en finansieel gaan dit swaar met ons. Baie swaar,” sê Ingrid de Bruin* (38).

Die helfte van die salaris wat sy as ontvangsdame by ’n dokters­praktyk verdien, gaan aan huishuur. Die ander helfte van haar salaris is amper genoeg vir die skool- en nasorguitgawe vir haar 11-jarige.

Dié jongste van haar is onlangs met Aspergersindroom gediagnoseer, en vroeër met aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS).

In hoofstroomskole wat hy vroeër voor sy diagnose van Aspergers bygewoon het, is De Bruin telkens versoek om hom uit die skool te haal “vir sy en ander se veiligheid” en omdat die skole nie geweet het hoe om hom te hanteer nie.

Ná haar en die seuns se verhuising na Kimberley, en nadat hy met Aspergers diagnoseer is, is ook bevind dat hy nie in ’n hoofstroomskool, of selfs by die Elizabeth Conradie-skool vir leerlinge met spesiale behoeftes, kan funksioneer nie omdat die klasse te groot is.

Sy het vir hom plek gekry by TD Akademie, ’n onafhanklike skool en niewinsgewende organisasie vir remediërende onderwys by Taberna Dei (TD Kerk) in New Park.

Te danke aan die onderrig wat hy hier ontvang, nuwe medikasie ná sy diagnose, en terapie by die Caritas-terapiesentrum, het hy verlede jaar ’n “baie suksesvolle gr. 2-jaar gehad,” vertel De Bruin.

“Hy het selfs aan ’n konsert deelgeneem en nie uit gevoel nie.

“Dit is vir hom ’n groot frustrasie as kinders vir hom sê hy is dom. Hy is intelligent, met ’n baie goeie algemene kennis. Maar hy kan dit nie verbaliseer of neerskryf nie. Hy raak so gefrustreerd as hy nie sy kennis tot uiting kan bring nie.”
Ma van die 11-jarige Aspergersindroomlyer

Met sy inskakeling by TD Akademie moes hy volgens sy ouderdom by gr. 4 inskakel, terwyl hy net gr. 1 voltooi het. Daar is ooreengekom dat hy weer gr. 2 moet doen.

De Bruin sê hy het op haar aandrang gr. R twee maal gedoen voordat hy met gr. 1 begin het. Tydens sy gr. 2-jaar het die Covid-19-inperking begin en De Bruin kon hom as alleenouer nie voldoende met skoolwerk ondersteun nie omdat sy voldag moes werk.

In die begin van sy gr. 3-jaar het sy en die seuns na Kimberley verhuis. Weens ’n motorongeluk waarin hulle op pad na Kimberley betrokke was, kon hy eers in die tweede kwartaal met gr. 3 begin.

TD Akademie was in verlede jaar bereid om van die skoolgeld af te skryf, maar kan dit nie onbepaald doen nie. Die departement van onderwys kan ook nie hiermee help nie omdat dit ’n private skool is.

Die 11-jarige kan boonop nie enige nasorgsentrum bywoon nie omdat hy spesiale behoeftes het; en min private individue besit die kennis oor hoe om hom te hanteer.

De Bruin beskryf haar 11-jarige se “sound effects” – die voortdurende geluide en bewegings wat hy maak – as ’n uitdaging.

“Maar sy nuwe behandeling werk; dit is ook tot voordeel van my en sy boetie, wat vanjaar hoërskool toe gaan,” vertel sy.

Skoolgeld vir die 11-jarige beloop R3 500 per maand, vir weeksdae van 08:00 tot 13:00. Die uitgawe om die nasorgsentrum by te woon sal dié bedrag tot R5 100 per maand opstoot. ’n Eenmalige R1 800 vir boeke en skryfbehoeftes vir die jaar is ’n verdere uitgawe.

Dié gesin is ook vasgevang in ’n misdaadsaak wat al sewe jaar lank sloer. Dit word telkens uitgestel omdat iemand siek of afwesig is, of die hoftoerusting nie werk nie.

“In Desember moes ek en die seuns 1 000 km met die bus Kaap toe ry vir die hofsaak. Die hofsaak was skaars 20 minute aan die gang toe beurtkrag intree. Die volgende dag het die regter die saak na Maart uitgestel. Elke keer met ’n hofsaak is dit vier dae uit my werk, en vier dae wat die kinders nie skool kan bywoon nie,” sê sy.

Nog ’n voortslepende hofsaak is dié teen die seuns se pa, wat sedert 2014 nie onderhoud betaal nie.

Die saak is intussen van die toepaslike departement in die Wes-Kaap na die Noord-Kaap oorgedra.

Hoewel De Bruin noem dat die Noord-Kaapse departement al in twee jaar meer met die saak uitgerig het as die Wes-Kaap in jare, is dit steeds nie afgehandel nie en kry sy geen onderhoud nie.

“Ek het al vir Caritas gevra of hulle nie die kinders in die jeugsorgsentrum wil plaas nie, want dan weet ek ten minste dat hulle elke dag kos het. Maar hulle sê ek en my seuns is ’n eenheid wat nie gebreek moet word nie.”

Dan vertel sy van hul honde by die huis – “ons terapie en deel van ons emosionele ondersteuning”.

De Bruin is vol lof oor die ondersteuning wat sy en haar seuns van Caritas ontvang. Sy beskou dié niewinsgewende organisasie as ’n positiewe punt van hul verhuising na Kimberley en sê dat sy nog nooit soveel hulp ontvang het nie.

“Ek hoop vir die beste vir die jaar. As dit goed met my kinders gaan, sal dit beter met my gaan.”

  • Aspergers is ’n ontwikkeling­steuring op die outismespektrum en verskil van lyer tot lyer. Dit word hoofsaaklik deur ’n verminderde vermoë om met ander te kommunikeer gekenmerk, of om ander se nie-verbale seine raak te sien. Só ’n lyer kan ’n eksentrieke persoonlikheid en motoriese probleme hê, en beskik oor ’n normale of hoë intelligensie. Baie persone met die sindroom leer om dit te hanteer. Bekendes wat hieraan ly, is onder andere Anthony Hopkins, Daryl Hannah, Courtney Love en Susan Boyle.
  • Nadat TD Kerk die behoefte in die stad vir kinders met spesiale leerbehoeftes en remediërende onderwys opgemerk het, is TD Akademie, met ’n Art. 18A-status, op dieselfde perseel as die kerk begin. Hier is nasorg vir enige kind buite die akademie beskikbaar. Skakel 071-088-4088.
  • Individue of ondernemings wat De Bruin graag wil ondersteun om haar 11-jarige in TD Akademie te hou, kan Caritas by 083-415-1484 kontak, of by 053-831-5015 tydens kantoor-ure.
  • * ’n Skuilnaam is gebruik.
besig om te laai... Regstreeks
India 0
Australia 58/2
Rand - Dollar
17.72
+0.2%
Rand - Pond
21.42
+0.1%
Rand - Euro
19.02
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
975.43
-1.1%
Palladium
1,658.90
+0.3%
Goud
1,879.57
+0.2%
Silwer
22.42
+0.5%
Brent-ruolie
85.09
+1.7%
Top-40
73,968
0.0%
Alle aandele
79,976
0.0%
Hulpbronne 10
74,722
0.0%
Industriële 25
103,851
0.0%
Finansiële 15
16,339
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos