Mangaung-metro se gesloer oorsaak dat bronsplate voete kry

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die monument op Hoffmanplein waarvan die bronsplate afgesteel word.Foto: Verskaf
Die monument op Hoffmanplein waarvan die bronsplate afgesteel word.Foto: Verskaf

Die gesloer van die Mangaung-metro was die oorsaak dat nog ses bronsplate van ’n monument op Hoffmanplein in Bloemfontein gesteel is.

Dit vorm deel van ’n vlaag diefstal van bronsgedenkwaardighede in die stad.

Volgens Dirk Venter, ’n bekommerde inwoner, is die eerste van 24 plate op die monument wat eer bring aan gestorwe soldate tydens die Eerste en Tweede Wêreldoorlog, reeds in 2011 gesteel.

In Oktober is ses van die plate op die monument gesteel en Venter het aansoek by die Provinsiale Erfenisagentskap gedoen om die plate te verwyder en in veilige bewaring by die Pantserskool-museum te berg totdat daar besluit is wat om daarmee te maak. Hy het dié permit reeds op 25 Oktober van die agentskap ontvang, maar moes uitvind dat hy ook ’n permit van die Mangaung-metro benodig omdat die standbeeld munisipale eiendom is.

Hy het Woensdag (16/11) uiteindelik die permit gekry, net om vanoggend te ontdek dat nóg ses bronsplate sedertdien gesteel is.

Venter en Jan-Danie Malan van die FAK het vanoggend Hoffmanplein besoek en gesien dat daar nog net ses plate – drie aan die een kant en drie aan die ander kant van die monument, oor is.

“Ons gaan nou die oorblywende plate verwyder en berg totdat daar besluit is wat met die plate gaan gebeur,” het Venter gesê.

Malan sê monumente oor die land heen word sporadies gevandaliseer.

“Dit is ’n absolute skande dat die beelde by ’n kringtelevisiekamera gesteel word.”

Hy sê ’n 50 kg-bronsbeeld kan vir sowat R3 000 by ’n skrootwerf verkoop word. “Dit word gewoonlik in stukke verkoop. Die ware vervangingswaarde – afhangende van wie die beeld gemaak het – kan tot soveel as R300 000 werd wees. Dit is kosbare erfenis wat so verlore gaan.”

Die vlaag diefstal het begin met die diefstal van Sand du Plessis se borsbeeld voor die Sand du Plessis-teater wat na hom vernoem is in Oktober. Twee mans is op klagte van vermeende gesteelde eiendom in hegtenis geneem en het in die hof verskyn, maar is op waarskuwing vrygelaat terwyl die saak ondersoek word.

Die bronsstandbeeld van J.B.M Hertzog voor Naln asook bronsversierings by pres. Jan Brand se standbeeld voor dié museum en navorsingsentrum, is die naweek van 22 Oktober gesteel.

In dieselfde tyd is die eerste bronsplate op Hoffmanplein gesteel.

Venter sê hulle kry nou kwotasies om die bronsplate van die monument op Hoffmanplein te verwyder.

“Dis nie ’n maklike proses nie en ons het ’n hyskraan nodig om dit af te haal,” sê Venter.

Malan het bevestig dat die FAK ’n geldelike bydra sal maak om die bronsplate in veilige bewaring te plaas.

besig om te laai... Regstreeks
Australia 208/3
West Indies 0
besig om te laai... Regstreeks
Nepal 76/7
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Easterns 76/4
South Western Districts 0/0
besig om te laai... Regstreeks
KwaZulu-Natal Inland 71/1
Northern Cape 0
Rand - Dollar
17.17
-0.1%
Rand - Pond
20.90
+0.2%
Rand - Euro
18.06
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,785.01
-0.1%
Silwer
22.78
+0.3%
Palladium
1,863.50
+0.5%
Platinum
1,013.50
+0.7%
Brent-ruolie
77.17
-2.8%
Top-40
68,089
+0.3%
Alle aandele
74,237
+0.3%
Hulpbronne 10
73,198
-0.0%
Industriële 25
91,342
+0.6%
Finansiële 15
15,630
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos