
Die kunstenaar Danie Botha tree op Vrydag 25 November van 18:00 af saam met Die Broers in die Taberna Dei Diamantstad in Kimberley tydens ’n reünie-konsert op.
Die Broers, bestaande uit Christo, Cobus en Stephan Snyman, is ’n Suid-Afrikaanse groep wat in 2006 tot stand gebring is.
Vir die reünie-konsert gaan die dromspeler Johan du Toit ook optree.
Bekende liedjies, onder meer “Wenners” en “Ek kan”, gaan ook gesing word.
Dit beloof om ’n aand van nostalgie, lekker musiek en samesyn te wees.
Ligte etes sal tydens die vertoning te koop wees.
Kaartjies kos R100 per volwassene en kinders 12 tot 18 jaar betaal R50.
Kaartjies is by Taberna Dei, Parsons Home Appliances of Sharon Steyn te koop.
Kontak Steyn by 083-457-8148, of stuur ’n e-pos na sharon@nocci.co.za vir meer inligting.
- Op Sondag 27 November, van 18:00 af, vind ’n Carols by Candlelight-geleentheid ook by Taberna Dei plaas.
Gehoorlede kan hul plek reeds van 17:30 inneem.
Danie Botha tree ook tydens dié geleentheid op.
Toegang is gratis en enigeen wat graag hierdie geleentheid wil bywoon, word verwelkom.