Oom Soldaat kry nuwe tuiste

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die 100 jarige William Peter (Oom Soldaat) van Wyk
Die 100 jarige William Peter (Oom Soldaat) van Wyk
Foto: Verskaf
Lt.genl. Lawrence Mbatha, hoof van die Lëer, lewer ’n toespraak voor die nuwe huis.

Die oudste Suid-Afrikaanse veteraan van die Tweede Wêreldoorlog, en laaste lid van dié oorlog se veterane van die destydse Suid-Afrikaanse Kaapse Kleurlingkorps, kan nou sy dae in ’n splinternuwe huis in Kimberley deurbring.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het dié oudsoldaat, Oom Soldaat van Wyk (100), se bouvallige huis gesloop en vir hom ’n nuwe huis gebou wat in Desember amptelik aan hom oorhandig is.

Die weermag het besluit om William Peter van Wyk, beter bekend as Oom Soldaat, se huis te herbou nadat hulle bevind het dit is vervalle en kan nie opgeknap word nie, sê lt. Sisa Tsebula, weermag-woordvoerder.

“Dis ook in ooreenstemming met die weermag se visie om die waardigheid van die SANW tot sy volle glorie te herstel en is een van die suksesverhale van die humanitêre werk wat ons verrig.”

Die nuwe huis is in middel Desember ten tyde van ’n kleurryke seremonie deur lt. genl. Lawrence Mbatha, hoof van die Suid-Afrikaanse Leër, aan Van Wyk oorhandig.

Tsebula sê Van Wyk was nie net ’n dapper soldaat nie, maar het ’n kleurryke militêre geskiedenis.

Sy sê Mbatha was verstom toe hy van Van Wyk, sy geskiedenis en lewensomstandighede gehoor het.

“Dit is werklik ’n hartseerverhaal van ’n vergete oorlogsveteraan en onbesonge held.”

Van Wyk is op 9 Junie 1922 in Beaconsfield, Kimberley, gebore.

Hy het hom op 15 Julie 1941 by die Kleurlingkorps aangesluit wat gelei het tot sy werwing vir die Unie-verdedigingsmag, die Mediterreense Ekspedisiemag en die Sentrale Mediterreense Mag tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy het sy militêre opleiding by die Beaconsfield-weermagbasis voltooi.

In 1943 het hy hom by die sesde Suid-Afrikaanse Pantser-afdeling aangesluit en hy is na Port Suez, Egipte, uitgeplaas.

Nadat die oorlog in Desember 1945 geëindig het, het hy teruggekeer huis toe. Hy het op 18 April 1946 uitgetree.

Hy is met die 1939-45-Ster, die Afrika- en Italië-Ster, asook ’n Britse verdedigingsmedalje, Oorlogsmedalje (1939-’49) en die Afrika-diens­medalje vereer.

Tsebula sê nadat besluit is om sy huis te herbou, het dit weke van harde werk en toewyding geverg om die projek binne die vasgestelde tyd af te handel.

Tydens die oorhandigingseremonie het Mbatha gesê dit was ’n lang reis wat hanteerbaar was omdat die weermag saam met belanghebben­des gewerk het om die huis te bou.

Hy het ook 3 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon bedank wat Van Wyk as lid aangeneem het en vir hom sorg.

Die dag se verrigtinge is met ’n boomplant-seremonie voor die nuwe huis en ’n gelukstrekking afgesluit. Verskeie ondernemings het ook geskenke aan Van Wyk oorhandig.

Anena Burger
besig om te laai... Regstreeks
India 0
Australia 48/2
Rand - Dollar
17.72
+0.2%
Rand - Pond
21.42
+0.1%
Rand - Euro
19.02
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
975.43
-1.1%
Palladium
1,658.90
+0.3%
Goud
1,879.63
+0.2%
Silwer
22.41
+0.4%
Brent-ruolie
85.09
+1.7%
Top-40
73,968
0.0%
Alle aandele
79,976
0.0%
Hulpbronne 10
74,722
0.0%
Industriële 25
103,851
0.0%
Finansiële 15
16,339
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos