Deel

Oortreders loop rieme styf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van die gesteelde elektriese toerusting wat deur die polisie in Prieska teruggevind is.
Van die gesteelde elektriese toerusting wat deur die polisie in Prieska teruggevind is.
Foto: Verskaf
Altesaam 30 padblokkades is sedert Donderdag in die Noord-Kaap gehou.

’n Vyf-en-dertig-jarige man van Upington wat die gemeenskap van die dorp as te ware terroriseer het, is verlede week tot 22 jaar tronkstraf gevonnis vir klagtes van verkragting, inbraak en diefstal.

Tydens die hofverrigtinge in Upington het die hof gehoor dat Floors Johannes Matthys die gemeenskap met huisbrake, diefstal en in sommige gevalle die verkragting van slagoffers terroriseer het.

Sers. Timothy Sam, mediawoordvoerder, sê die polisie se ondersoek het daartoe gelei dat die hof 15 jaar direkte gevangenisstraf vir verkragting, en sewe jaar vir vyf aanklagte van huisbraak en diefstal aan Matthys opgelê het.

Die ondersoekbeampte, speursers. Shahieda Williams, is vir haar aandeel om hierdie misdade in die gemeenskap stop te sit, geprys.

  • Intussen het lede van die polisie verskeie suksesse met Operasie Vuthu Hawe behaal wat vanaf Donderdag 18 Mei tot Sondag 21 Mei plaasgevind het. Altesaam 100 verdagtes is vir verskeie misdade in hegtenis geneem.

Deel van die sukses was die inhegtenisneming van twee manlike verdagtes, onderskeidelik 54 en 47 jaar oud, vir die besit van 119 kg Eskom-koperkabels in Douglas. Die voertuig wat in die uitvoering van die misdaad gebruik is, is gekonfiskeer, sê lt.kol Sergio Kock, mediawoordvoerder.

Tydens die operasies is verdagtes oor die Noord-Kaap heen in hegtenis geneem vir misdade insluitend 20 sake van handel in dwelms, verskeie vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, aanranding, roof, besigheidsinbraak, diefstal uit motorvoertuie, opsetlike saakbeskadiging, dronkenskap, oproerige gedrag, algemene diefstal, en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Ongedokumenteerde persone is ook in hegtenis geneem.

Beslag is ook gelê op tik, Mandrax-tablette, dagga, alkohol en gevaarlike wapens.

Tydens die operasie is 30 padblokkades en voertuigbeheerpunte opgestel waartydens 4 258 persone en 2 155 voertuie deursoek is. Talle boetes is vir verkeersoortredings, oproerige gedrag en dronkenskap in die openbaar uitgereik.

  • In Prieska het lede van die sigbare polisiëringseenheid ’n verdagte vasgetrek ná ’n inbraak in Du Toitstraat in die dorp.

Lt. kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die polisielede het op Sondag 21 Mei inligting opgevolg en die man in hegtenis geneem.

Elektriese toerusting met ’n waarde van R16 000 is in sy besit gevind. Dit het ooreengekom met die toerusting wat as gesteel aangemeld is ná ’n onlangse huisinbraak.

Die verdagte sal binnekort in die Prieska-landdroshof verskyn.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
United Arab Emirates 162/5
West Indies 306/10
Rand - Dollar
19.23
+0.2%
Rand - Pond
23.90
+0.3%
Rand - Euro
20.56
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.83
-0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Platinum
1,033.32
+0.7%
Palladium
1,412.13
+0.4%
Goud
1,962.95
+0.1%
Silwer
23.59
+0.1%
Brent-ruolie
76.71
+0.8%
Top-40
71,632
+0.3%
Alle aandele
76,840
+0.3%
Hulpbronne 10
69,525
+0.3%
Industriële 25
103,876
+0.0%
Finansiële 15
15,144
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos