Deel

Roodepan-gehoor weer bekoor

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Eric Kok as die seremoniemeester in die verhoogstuk (en vir opvoering) by Eudene Feder wat Lena speel.
Eric Kok as die seremoniemeester in die verhoogstuk (en vir opvoering) by Eudene Feder wat Lena speel.
Foto: Verskaf
Die akteurs is van links Eudene Feder as Lena, Robin Adams as Fernando en Phila Mosenki as sers. Grootboom.

Beurtkrag, dreigende eendeweer, watertekorte en sprake van ’n protesoptog wat kleedrepetisies sou ontwrig, het die bekroonde skrywer en filmmaker Eric R. Kok nie stopgesit om sy nuutste verhoogstuk Lena se Lot onlangs in Roodepan op te voer nie.

Kok het nege jaar gewag voordat hy dié verhoogdrama op 25 Februarie by die Hoërskool Pescodia kon opvoer. Die drama-opvoering het lewendige musiekuitvoerings deur Sylvester Oliphant en Uranium 238 ingesluit. Die opvoering is deur Barnard Hoogstander saamgestel.

Lena se Lot is die verhaal van ’n ambisieuse jong model wat liefde bo haar loopbaan kies. Aanvanklik verblind deur liefde, sal sy uiteindelik die man van haar drome sien vir wat hy werklik is.

“Dit is een van my vroeëre stories wat ek in 2015 as ’n toneelstuk geskryf het. Dit is weens sekere omstandighede gebêre. In 2019 het ek dit aangepas as ’n verhaal wat meer karakters en inhoud bevat. Lena se storie is nie uniek of nuut nie. Dit speel af in die lewe van heelwat vroue in ons gemeenskap wat in soortgelyke verhoudings en huwelike vasgekeer sit. Ek hoop die storie moedig baie vroue aan om weg te stap van gewelddadige verhoudings.”
Eric Kok

Die storie het voorheen baie volgelinge en aanhangers op sy Facebook-blad Roodepan Stories gehad.

Kok het in 2022 suksesvol aansoek gedoen vir befondsing by die Nasionale Kunsteraad.

“Ons is oneindig dankbaar teenoor die kunsteraad, AGS kerk Roepersfontein, Hoërskool Pescodia, Beauty and the Bull Produksies vir die klank, Shidokwon Academy, Kaneezah Printing, en Kimberley Clothing vir hul bydrae. Ook spesiaal dankie aan my gemeenskap en my ma wat my altyd ondersteun.”

Oudisies het in November plaasgevind en die jong aspirant-akteurs is almal uit Roodepan gekies. Kok en sy span het dadelik dramawerksessies en repetisies by die AGS kerk Roepersfontein in Roodepan gehou.

“Op die groot dag is daar gespook met finale voorbereidings en minute voor die opvoering sou begin, was die produksiespan senuweeagtig. Ek het almal bymekaar geroep en moed in gepraat en gebid dat God die aand seën.

“Dit was hulle se eerste opvoering. Ek is baie trots op die akteurs en verhoogspan wat hul beste gelewer het. Die gehoor was so vasgevang dat toe beurtkrag toeslaan, het hulle vasgenael bly sit. Ander het selfs lig vir die akteurs met hul selfone verskaf.

“Ons het voorsorg getref en ’n kragopwekker byderhand gehad, maar die kragtoevoer het vroeër afgegaan as beplan. Na ’n oomblik van paniek kon ons die kragopwekker aanskakel. Die samewerking en gehoor wat in die donkerte bly sit het, het trane na my oë gebring.

“Lena se Lot was meer as net ’n vertoning. Dit het jonk en oud vermaak en verenig, en was ’n spanpoging wat lig en hoop gebring het. Dit was ’n geval van die lewe wat kuns naboots.”
Eric Kok

Een van die lede in die gehoor, Robin Joubert sê: “Die vertoning was goed en Lena was my gunsteling karakter. Ek hoop Eric-hulle voer ’n drama elke kwartaal op opoor naweke wanneer mense salaris gekry het en hul geld eerder op kuns en kultuur kan bestee wat gemeenskapsprobleme onder die soeklig plaas.”

Sharifa Schoeman het gesê dit was ’n inspirerende boodskap vir baie jong meisies, terwyl Lesley Jacobs gesê het die opvoering was “motiverend en kragtig“.

Kok het reeds ’n bekroonde vollengte fliek, Liesbet, en ’n dokumentêre prent, Breaking Barriers – The Fitzpatrick Story, vervaardig.

Die produksiespan en akteurs is van links, voor: Jason Sparks, Edwin Mzimba, Kingsley Kok en Amandus Kuyanie; agter: Alister Vezasie, Oliver de Jong, Fagmeeda Esau, Barnard Hoogstander, Jan Rooi, Trevor Mitchell, Eric Kok, Robin Adams, Eudene Feder, Alvera Lakay en Phila Mosenki.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.33
-0.9%
Rand - Pond
22.51
-1.2%
Rand - Euro
19.78
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.7%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
969.79
+0.2%
Palladium
1,410.28
+0.7%
Goud
1,951.26
-1.4%
Silwer
22.97
-1.1%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,785
+0.9%
Alle aandele
75,284
+0.8%
Hulpbronne 10
64,924
+1.0%
Industriële 25
102,191
+0.6%
Finansiële 15
15,417
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos