.

Boere in nood kry hulp

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Laerskool De Vrije Zee se skenking van water vir die uitreik na die Tankwa-Karoo.
Die Laerskool De Vrije Zee se skenking van water vir die uitreik na die Tankwa-Karoo.

Boere in die Tankwa-Karoo, slegs ure buite Kaapstad en noord van Ceres, gaan al die afgelope ses jaar onder droogte gebuk.

Die SA Water Warriors van Goodwood, in samewerking met Redham House en die Laerskool De Vrije Zee, het hande gevat en water ingesamel vir die uitreik na die Tankwa-Karoo wat op Saterdag 21 Mei gehou gaan word.

Die meeste boere het hul diere weens die droogte verloor – in sommige gevalle meer as twee derdes van hul kudde. Aan die begin van die droogte is van die ooie ontslae geraak en met die droogtetoestand wat toe voortgeduur het, het dinge vererger. Die bekende droë vlaktes lê dood sonder hoop, en net hier en daar is groen bossies in die veld te sien; dis net die giftige plante wat op die droë bruin vlaktes groei.

“Ons benodig dringend geld om meer voer vir die boere aan te koop en om ook geld te hê sodat ons genoeg voorraad het om nie-bederfbare kospakkies aan te vul.

“Min reën is die oorsaak dat geen gras kon groei nie en die gras wat wel daar was, is in ’n baie kort tydperk doodgeskroei. Die boere het buiten geldelike probleme en stygende pryse moeite om kop bo waer te hou en is op hul knieë,” sê Deon Smit, stigter van SA Water Warriors.

Volgens hom is geen skenking te klein nie en elke skenking maak ’n verskil en help dat boere nie moed opgee nie. Boonop gee die skenkings hoop, en lig die gemoedere van die boere in die wete dat hulle nie vergete en alleen in die droogte is nie, maar dat ander wel omgee.

“Ons is baie dankbaar vir die wonderlike inisiatief van die twee skole en ook vir hul ondersteuning. Skole maak dit maklik om ’n hele gemeenskap en die gesinne betrokke te maak om ander in nood by te staan. Ons is hulle baie dankbaar omdat hulle die gesinne in die droogte op hul hart dra,” sê Smit.

Raak betrokke deur aan te sluit by South African Water Warriors se FB-groep waar meer inligting ook beskikbaar is.

besig om te laai... Regstreeks
United States of America 310/5
Scotland 206/10
Rand - Dollar
15.57
+1.0%
Rand - Pond
19.66
+0.2%
Rand - Euro
16.71
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,853.66
0.0%
Silwer
22.12
0.0%
Palladium
2,076.50
0.0%
Platinum
956.50
0.0%
Brent-ruolie
119.43
+1.7%
Top-40
63,883
+1.4%
Alle aandele
70,486
+1.4%
Hulpbronne 10
76,948
+0.6%
Industriële 25
76,115
+1.3%
Finansiële 15
16,257
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos