.

Botsing eis oud-Stellie

akkreditasie
Handré van Zyl
Handré van Zyl

Hy was een van Jesus se mooiste engele en is heeltemal te vroeg gehaal, sê die suster van die jong man van Durbanville wat verlede naweek verongeluk het.

’n Troosdiens is Saterdagoggend in die Lewende Woord Parow-kerk vir Handré van Zyl (25) gehou nadat hy op 13 November met sy motorfiets teen ’n motor gebots het.

Hy het vermoedelik beheer van die motorfiets verloor.

Dit was ’n dag nadat hy sy heel laaste eksamen vir sy kursus by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie afgelê het.

“Jy was ’n mooi jong man, altyd reg vir ’n nuwe uitdaging en altyd reg met ’n plan,” sê sy suster, Lize-Mari van Zyl (30), in ’n Facebook-plasing ná sy dood.

“Jy was die heel beste boetie wat ons kon hê . . . Ons is so bitterlik ongelooflik lief vir jou en sal altyd vir jou lief bly. Jy is legendaries, ’n groot seun met ’n klein hartjie en het soveel mense rondom jou aangeraak; jou vriende was soos jou broers,” sluit sy af.

Handré het by sou ouers, Johan en Ann, gewoon terwyl hy vir ’n gevorderde diploma in bourekenkunde studeer het. Hy het ook nog ’n ander suster, Andrea Botha (27).

Handré was ’n kranige sportman en bekwame rugbyspeler wat in sy skooljare by die Hoërskool Stellenberg sy span in Italië verteenwoordig het.

“Jy was ’n yster op die rugbyveld vir die Jadebrigade (die bynaam vir die skool se rugbyspan). Ons eer jou nagedagtenis,” het die skool in ’n Facebook-plasing gesê.

Ná skool het hy ook vir die Durbell-rugbyklub uitgedraf.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 161/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.4%
Rand - Euro
18.26
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.4%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos