.

DBV verwyder man se honde

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Al drie honde van die 74-jarige man wat na bewering sy mopshond voor Agrimark in Durbanville geskop en geslaan het, is verlede Vrydagoggend verwyder.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het beslag gelê op die honde – ’n mopshond, ’n boerboel en ’n Yorkshire-terriër – nadat die videomateriaal van die voorval verlede week van die polisie ontvang is, het Jaco Pieterse van die DBV gesê.

Volgens Pieterse kon die DBV toe aansoek doen om ’n lasbrief om beslag op die honde te gaan lê.

Hannes Schlechter van Oostersee in Parow staan tereg op ’n aanklag wat verband hou met dieremishandeling of ’n daad wat die onnodige lyding van ’n dier veroorsaak het. Hy moet weer op 29 Oktober in die Bellville-landdroshof verskyn.

Die saak is deur die DBV aanhangig gemaak.

Dit kom ná ’n voorval op Donderdag 9 September omstreeks 16:00 voor die winkel in Wellingtonweg.

Schlechter is na bewering ook in die voorval aangerand toe ’n verbyganger hom na bewering sy hond sien skop en slaan het.

Kapt. Marchell Rhode van die Durbanville-polisie het vroeër aan TygerBurger gesê die 74-jarige klaer beweer hy is deur ’n 47-jarige man aangerand.

Die verdagte het beweer dat die klaer sy hond mishandel het.

’n Klag van aanranding word ondersoek. Graham Wadeley (47) het op Woensdag 22 September in verband met die klag in die hof verskyn.

Volgens Pieterse is die honde tans in die sorg van die DBV, waar hulle deur veeartse ondersoek sal word.

“Die honde sal daar bly tot die saak in die landdroshof afgehandel is, of tot daar anders besluit word,” sê hy.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.42
-0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,801.26
+0.5%
Silwer
24.45
+0.5%
Palladium
2,053.50
+1.3%
Platinum
1,044.50
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.3%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos