.
Deel

Een dood in Plattekloofweg-ongeluk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Een man is dood en nog vyf ander is beseer in 'n ongeluk vroeg Dinsdagoggend (23 Mei) op Plattekloofweg.
Een man is dood en nog vyf ander is beseer in 'n ongeluk vroeg Dinsdagoggend (23 Mei) op Plattekloofweg.
Richard Roberts

Een persoon is dood en vyf ander is beseer in ‘n motorongeluk Dinsdagoggend (23 Mei). Die ongeluk het kort ná 08:00 op die hoeke van Plattekloofweg en Rothschild Boulevard - enkele meters vanaf die Mediclinic Panorama - plaasgevind.

TygerBurger het vroeër berig hoe ‘n Ford-bakkie, ligte vragmotor en ‘n sportsnutsvoertuig teen mekaar gebots het. Die bakkie het teen ‘n kontroleboks van ‘n stel verkeersligte gebots en dit beskadig. Die boks is reg voor die Northlink-kollege.

Die polisie, Stad Kaapstad se brand- en reddingsdienste, sowel as nooddiens ER24 was op die toneel.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het bevestig dat een man dood is en vyf ander beserings opgedoen het. Volgens Meiring was daar ses manspassasiers in die bakkie. Een van die passasiers was in ‘n kritieke toestand, die res het geringe beserings opgedoen.

“Medici het die pasiënte behandel en ook lewensondersteuning aan die kritieke man verskaf. Ná die behandeling is die pasiënte na nabygeleë hospitale vervoer vir veredere behandeling. Met hul aankoms by die hospitaal is die kritiekbeseerde man aan sy beserings dood,” volgens Meiring.

Die ongeluk het erge drukverkeer tydens spitstyd veroorsaak.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
United Arab Emirates 228/7
West Indies 306/10
Rand - Dollar
19.20
+0.4%
Rand - Pond
23.85
+0.5%
Rand - Euro
20.53
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.81
-0.4%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
1,033.45
+0.7%
Palladium
1,412.92
+0.5%
Goud
1,963.25
+0.1%
Silwer
23.60
+0.1%
Brent-ruolie
76.71
+0.8%
Top-40
71,632
+0.3%
Alle aandele
76,840
+0.3%
Hulpbronne 10
69,525
+0.3%
Industriële 25
103,876
+0.0%
Finansiële 15
15,144
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos