.
Deel

Gemeenskapswerker vereer vir haar bydra deur burgemeester

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Cheryl Visser (links), wyksraadslid, met Riana de Wet, voormalige lid van die Monte Vista- en Plattekloof Glen-belastingbetalersvereniging.
Cheryl Visser (links), wyksraadslid, met Riana de Wet, voormalige lid van die Monte Vista- en Plattekloof Glen-belastingbetalersvereniging.

’n Inwoner van Monte Vista is onlangs met ’n burgemeesterstoekenning vereer as erkenning vir haar bydrae tot gemeenskapsdiens.

Riana de Wet, ’n voormalige lid van die Monte Vista- en Plattekloof Glen-belastingbetalersvereniging, is met dié toekenning vereer – iets waaroor sy geëerd voel.

“Die toekenning was ’n groot verrassing en ek het dit glad nie verwag nie. Ek voel ongelooflik bevoorreg om dit te kon ontvang.

“Ek het nooit enigiets gedoen met die doel om erkenning te kry nie. Die belastingbetalersvereniging is ’n toegewyde span wat die gemeenskap se belange op die hart dra. Alles wat ek gedoen het, of probeer doen het, was om ons gebied beter te maak,” sê De Wet.

De Wet is ook deel van die groep wat die nuwe Monte Vista-gedenkpark help vestig het.

“Ek het alles gegee wat ek kon en ek glo die nuwe, jonger span gaan voortbou op al die wonderlike planne wat nog uitgevoer moet word,” sê sy.

Cheryl Visser, wyksraadslid, het De Wet vir dié toekenning benoem.

“Dit was vir my ’n hartseeroomblik om haar bedanking te ontvang as die belastingbetalers se verteenwoordiger in die wykskomitee. Wat ’n absolute voorreg was dit nie om sedert 2016 met haar te kon saamwerk. Sy was met passie en eindelose entoesiasme die koördineerder van Wyk 1 se voedselprojek tydens die Covid-19- pandemie,” skryf Visser oor De Wet.

Sy sê De Wet was ook die koördineerder van die skoonmaak-operasies en het met haar uitstekende beplanning gesorg dat verskeie rolspelers, selfs oor die verskillende vlakke van regering heen, saamwerk om probleemgebiede in en om Wyk 1 skoon te hou.

“Sy is iemand wat opreg omgee vir mense en het uit haar pad gegaan om dankie te sê vir munisipale werkers,” skryf Visser verder.

De Wet het ook die nuwe K9-hondepark in Ambleside tot stand gebring.

“Oor die jare was sy iemand by wie ek dinge kon klankbord en kon altyd pyl trek op haar insette. Ek wil vir haar net die beste toewens vir haar pad vorentoe.

“Ons gaan haar baie mis, maar wens haar net die allerbeste en nuwe avonture toe,” skryf Visser.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.33
-0.9%
Rand - Pond
22.52
-1.3%
Rand - Euro
19.77
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.7%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Platinum
975.88
+0.8%
Palladium
1,414.74
+1.0%
Goud
1,959.18
-1.0%
Silwer
23.01
-1.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,785
+0.9%
Alle aandele
75,284
+0.8%
Hulpbronne 10
64,924
+1.0%
Industriële 25
102,191
+0.6%
Finansiële 15
15,417
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos