.
Deel

Goodwood-gevangenis se fietsryklub samel bykans R50 000 in vir downsindroom bewusmaking

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die fietsryklub het bykans R50 000 ingesamel met hul downsindroom-bewusmakingstoer.
Die fietsryklub het bykans R50 000 ingesamel met hul downsindroom-bewusmakingstoer.

Die Goodwood-gevangenis se Mountain View-fietsryklub, in samewerking met die Downsindroom-vereniging Wes-Kaap (DSVWK), het bykans R50 000 ingesamel met sy bewusmakingsfietstoer, wat op 27 Februarie begin het.

Volgens Patrick Darlow, toer-organiseerder, het die toer baie goed verloop.

Meganies het hulle slegs twee pap wiele met die fietse gehad.

“Die ryers se gees was heelpad goed, maak nie saak of dit teerpad langs, berg-op of -af gegaan het nie,” het Darlow gesê.

Hy vertel die enigste uitdaging wat die groep gehad het, was buite hul beheer en dit was die wind. “Ons het nie net spreekwoordelik die wind van voor gekry nie, maar wel letterlik van dag een af tot en met dag vier.”

Die eerste skof tussen Bellville en Caledon was die ergste weens ’n stormsterk wind, veral teen Sir Lowryspas uit.

Hoogtepunt

“Volgens my was die hoogtepunt van die toer die stop by die Hoërskool Riviersonderend. Daar word die bewusmaking oorgedra, maar dan is dit Jody Adams ‘our brother from another mother’ se beurt om vir die skoliere te sing,” het Darlow verklap.

Hy meen al is Jody Engels sing hy Afrikaans en vanjaar het hy die skool met die liedjie “Lemoene” van Appel en Bok van Blerk meegevoer. Ná die liedjie het Jody se naam deur die hele Riviersonderend weergalm soos die skoliere dit geskree het. “As ek daaraan dink, kry ek steeds hoendervleis. Dit het so ’n impak op ons fietsryers gehad dat ons ‘wys my jou lemoene of jou boerpampoene’ ook gesing het as die trappery moeilik geraak het.”

Nog ’n hoogtepunt kan aan die voorsitter, Harold Wentzel, toegeskryf word, wat onbaatsugtig al 21 toere gedoen het sonder om twee keer te dink.

“Die fondsinsamelingstoer is ’n jaarlikse instelling van ons klub en die 2024-toer se voorlopige datums sal 26 Februarie tot 2 Maart wees. Dié sal die 22ste een wees ten bate van die DSVWK.

Alle eer aan God

Die fietsryklub wil alle eer aan God gee vir die geleentheid om hul sport te kan beoefen om ander te help.

“Dan wil ons graag vir Ester Adams (Jody se ma), Jody en Tineke Ganz-Malan van DSVWK bedank vir hul bereidwilligheid om die toer saam met ons te doen, asook vir al die bewusmaking van downsindroom tydens die toer,” het Darlow gesê.

Lede van die fietsryklub by hul wegspringplek by La Rochelle-skool in Bellville.

“Ons wil ook die bestuur van Korrektiewe Dienste in Goodwood bedank wat ons kon afstaan van die werk om die toer te onderneem; ook aan ieder en elk wat bygedra het tot die toer se sukses met die donasies. Dis nou almal wat betrokke was, van La Rochelle-skool in Bellville waar ons begin het tot by die Lionsklub in George waar ons geëindig het, asook ‘n spesiale dank aan Caledon FM vir die lugtyd op die radio.”

Hulle sluit die bewusmakingsmaand af met ’n colour fun walk by La Rochelle.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.33
-0.9%
Rand - Pond
22.51
-1.2%
Rand - Euro
19.78
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.7%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Platinum
975.88
+0.8%
Palladium
1,414.74
+1.0%
Goud
1,957.80
-1.1%
Silwer
23.00
-1.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,785
+0.9%
Alle aandele
75,284
+0.8%
Hulpbronne 10
64,924
+1.0%
Industriële 25
102,191
+0.6%
Finansiële 15
15,417
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos