.

HappyBabies 'n verhaal van omgee van geslag tot geslag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Juanita Joubert en haar dogter, Danté Joubert, stigter van HappyBabies.
Juanita Joubert en haar dogter, Danté Joubert, stigter van HappyBabies.

Danté Joubert (21) van Goodwood het haar eie nie-winsgewende organisasie, HappyBabies, begin om ouers in nood met benodigdhede vir hul babas te help.

Joubert sê HappyBabies is ’n organisasie sonder winsoogmerke wat daarna strewe om mammas en pappas te help met babas van geboorte tot die ouderdom van twee jaar. Dit sluit onder meer in “pre-loved” klere, geskenkte klere, doeke en toiletware. Soms is daar ook pap of speelgoed vir die kleintjies ingesluit, sê sy.

“Ons is afhanklik van die publiek vir skenkings,” sê Joubert.

Sy vertel sy en haar ma het besluit om haar organisasie in 2022 te registreer en dat sy dit van die huis af bestuur.

“Ek het die groot behoefte aan hulp gesien en om al hierdie mammas en pappas met trane in hul oë te sien uit dankbaarheid wanneer hulle die klein helpende handjie ontvang, beteken die wêreld vir my,” sê Joubert.

“Ek was nog op skool toe ek my organisasie begin het. Dit was net nog nie ten volle geregistreer nie,” verduidelik Joubert. Die grootste inspirasie vir Joubert om ander te help, kom van haar ouma af, sê sy.

“My ouma het ’n baie goeie hart gehad en sy het altyd ander mense gehelp, al het sy nie baie gehad nie.” Joubert sê toe haar ouma sterf, het haar ma dieselfde gedoen. “So het ek ook van kleins af gesien hoe my ma altyd iemand help, of dit nou ’n vriend was of familie. Ek het hier en daar al ons ou klere en goed wat ons nie gebruik nie, gegee aan mense wat dit regtig nodig gehad het.

“Geld maak nie vir my saak nie. Om ’n glimlag op ’n mamma of kleintjie se gesig te sien, is baie meer werd as om geld te kry. Ek doen hierdie werk met liefde en ’n goeie hart, nie om iets terug te kry nie.” Joubert skryf die hoogtepunte van haar organisasie toe aan die feit dat sy regtig mense wat swaarkry kan help, en om te sien hoe ouers se gesig ophelder nadat hulle hul stories vertel het en dan sien watter pakkies hulle kry. Of dit nou vir hulself is, en of dit vir die kleintjie is, dis die moeite werd.

Verder vertel sy ook hoe spesiaal dit is om te sien hoe daardie kind grootword en ’n geseënde lewe het.

“Dit is so spesiaal, want jy sien hoe die klein mensie grootword as ’n mensie wat jy geseën het!”

Joubert sê ook sy wou altyd ’n onderwyser wees wat met minderbevoorregte kinders werk, maar dit het ongelukkig nie gebeur nie, so haar ander besluit was om ’n organisasie vir minderbevoorregte kinders te skep.

Hierdie organisasie probeer mammas in die noordelike voorstede help, maar versoeke om hulp kom van oraloor.

Joubert sê as mense bereid is om die benodigdhede af te haal, sal die HappyBabies-span probeer om hulle op een of ander manier by te staan.

“Soms wag hulle lank vir die hulp omdat ons klere opraak en ons vir skenkings moet wag voordat ons kan help.”

Joubert noem dat, hoewel hulle kinders van geboorte tot op twee jaar oud help, word hulle geseën met klere vir volwassenes én kinders. Hiermee probeer hulle ander groepe of nie-winsgewende organisasies help en ook mammas met ouer kinders in hul organisasie.

“Wanneer ons geseën word met bababenodigdhede soos stootwaentjies en kampbedjies, weet ons wie om te help.

“Ons is ook altyd op soek na geskenksakkies om die goed vir mammas in te pak. Ons hou ook klein gesellighede, sommer by die huis,” sê sy.

Kontak Danté Joubert by 074 292 9125 of Juanita Joubert by 060 985 1925.

besig om te laai... Regstreeks
India 0
Australia 76/2
Rand - Dollar
17.72
+0.2%
Rand - Pond
21.43
+0.0%
Rand - Euro
19.02
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
976.77
-1.0%
Palladium
1,660.55
+0.4%
Goud
1,878.26
+0.1%
Silwer
22.38
+0.3%
Brent-ruolie
85.09
+1.7%
Top-40
73,968
0.0%
Alle aandele
79,976
0.0%
Hulpbronne 10
74,722
0.0%
Industriële 25
103,851
0.0%
Finansiële 15
16,339
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos