.

Hartlyer erg in Goodwood aangerand

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Beserings aan Petrus se kop. FOTO: Jo Sekepane
Beserings aan Petrus se kop. FOTO: Jo Sekepane

’n Aandstappie vir ’n stukkie koek het in ’n bloedbad ontaard vir die 48-jarige Petrus van Niekerk, ’n inwoner van Goodwood, toe hy na bewering deur gemeenskapspatrolleerders aangerand is.

Van Niekerk sê hy het Dinsdag 26 Julie om 21:00 na die OK-supermark gestap om ’n stukkie koek te gaan koop, en op pad terug huis toe is hy deur twee lede van die Goodwood Residents Safety Patrollers aangerand.

Juis om konflik te vermy, het Van Niekerk in Oxfordstraat teruggestap – weg van die patrolleerders af.

Tog, tot sy verbasing, toe hy amper by die hoek van Miltonweg kom, het hulle hom na bewering met ’n swart knuppel aangeval. Van Niekerk sê een van die mans het hom vasgehou en die ander een het hom geslaan.

Voorheen gedreig

’n Ooggetuie het daar aangekom en geskree dat hulle moet stop.

Van Niekerk, wat verlede maand uit die hospitaal ontslaan is ná hartprobleme, beweer hy is al voorheen gedreig dat hy geslaan sal word – deur dieselfde mense.

Van Niekerk het ernstige wonde in die aanranding opgedoen.

Jas Visser, ondervoorsitter van die Glenwood-buurtwag en reklamebeampte van Goodwood se gemeenskapspolisiërings-forum (GPF), sê die organisasie Goodwood Residents Safety Patrol (GRSP) was lede van Goodwood-buurtwag wat bedank het en daarna hierdie groep gestig het. Hulle is nie geakkrediteer nie.

‘Dit ruk nou hand uit’

Darren Hignett (41), nog ’n inwoner van Goodwood en ooggetuie wat gesien het wat met Van Niekerk gebeur het, sê hy was ook al geteister deur hierdie groep toe hy eenkeer vir geen rede geklap was deur een van die GRSP-lede.

Hignett het ook ’n saak by Goodwood-polisie aanhangig gemaak.

Hy meen dit ruk nou hand uit. “Hierdie groep kan nie net rondbeweeg en mense slaan nie,” het hy aan TygerBurger gesê.

‘Nie een van ons lede nie’

Die voorsitter van GRSP, Jerome Hendricks, sê nadat hulle as bestuur vergader en ’n uitgebreide ondersoek gedoen het, is gevind dat 12 van hul patrolleerders die aand van 26 Julie aan diens was. Hulle was besig met ’n operasie, wat volgens hom suksesvol was, aangesien gevaarlike wapens en ander artikels teruggevind is en by die Goodwood-polisie ingegee is.

In reaksie op die bewering van aanranding deur twee van hul patrolleerders, sê Hendricks hulle het geen rekord van so ’n voorval nie.

“Nie een van ons lede was betrokke by ’n voorval wat so afgryslik was nie. Ons het die Goodwood-inwoners met toewyding gedien en doen dit steeds.”

Volgens John Ross, voorsitter van Goodwood se gemeenskapspolisiërings-forum (GPF), is hy bewus van die bewerings van aanranding.

Die GPF is ook bewus van die bewerings van aanranding deur lede van die GRSP-groep, maar weier om verdere kommentaar te lewer. Ross sê die GPF veroordeel enige vorm van geweld teen enige inwoner. Die polisie het ’n ondersoek bevestig.

Rand - Dollar
16.20
+0.3%
Rand - Pond
19.66
+0.8%
Rand - Euro
16.62
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,800.50
+0.6%
Silwer
20.80
+2.4%
Palladium
2,224.00
-2.9%
Platinum
966.20
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos