.
Deel

Hartsmens se dood word in Brackenfell betreur

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Diane du Toit is op 31 Januarie oorlede.
Diane du Toit is op 31 Januarie oorlede.

Huldeblyke het verlede week ingestroom vir Diane du Toit (66), die leier van die Dorcas-bediening in Brackenfell, nadat sy verlede week skielik gesterf het.

Diane het Dinsdag 31 Januarie vroegoggend haar laaste asem uitgeblaas. Sy is die vorige dag gehospitaliseer nadat sy by die huis flou geraak het.

’n Gedenkdiens is Sondag in ’n stampvol Sewendedag Adventiste (SDA) Kerk in Boston gehou.

Diane was geken as ’n ikoon van liefde, omgee en verdraagsaamheid.

Sy was ’n hoeksteen in die gemeenskappe waar sy die afgelope vyf jaar saam met haar Dorcas-span noodbehoewendes ondersteun het.

By die Rusoord-sentrum in Proteahoogte het sy ’n onmisbare rol gespeel in die lewens van bejaardes.

Sy het ook nóú saamgewerk met talle ander plaaslike hulporganisasies soos Shiloh Food, TOPS (Toebraaijies vir Oues), Jesus in Aksie en Bokradio se welsynsbeen HOOP.

Diane is in 1957 in Bulawayo in die destydse Rhodesië gebore.

As kind het sy saam met haar susters en ma, ’n weduwee in daardie stadium, Kaap toe getrek waar hulle eers in Robertson gewoon het vir ’n paar jaar en daarna na Kaapstad verhuis het.

Sy het haar skoolloopbaan in Kuilsrivier voltooi en later haar loopbaan by Old Mutual begin, waar sy vir 25 jaar werksaam was – later in ’n bestuurspos.

Sy het ook vir ’n paar jaar ’n blommewinkel bedryf, waarna sy die korttermynversekeringsbedryf toegetree het.

In ’n lofrede aan haar ma het Chantell Horn gesê Diane se lewe was ’n getuienis.

“My ma was die gom wat ons familie vasgehou het. Sy het baie harte aangeraak en vir baie was sy soos ’n ma. Sy was lief vir kinders en oumense.

Kosmaak

“Sy was baie lief vir kosmaak en het groen vingers gehad – alles wat sy aangeraak het, het gegroei. Sy was ook vreeslik lief vir die wildtuin wat sy jaarliks besoek het.”

Haar man, Coenie, sê sy het die natuurlike vermoë gehad om mense oor grense heen bymekaar te bring.

“Sy het nie geskroom om Christenskap te bevorder nie. Sy was ’n sagte teer mens, maar ook baie sterk. Dis iets wat mense aangevoel het en dis dié unieke teenwoordigheid wat ons baie gaan mis,” het hy aan TygerBurger gesê.

Marian Niewoudt ’n jarelange raadslid in Brackenfell beskryf Diane as ’n dienende hartsmens.

Vroulik en stylvol

“So vroulik, stylvol en nederig het sy nooit enige persoon of dier oorgesien om te help of te versorg nie. Sy het soveel liefde betoon. Ek weet persoonlik dat daar nie ’n dag omgegaan het dat Diane nie vir haar gemeenskap en haar mense gebid het nie.

“Dankie Diane dat jy ons geleer het om te gee, dat ’n broodjie met ’n drukkie en glimlag baie meer werd is as net die stil van hongerpyne. Ons gaan jou menswees mis. Dankie dat jy deel was van Brackenfell se omgeekarakter. Ons harte gaan uit na haar gesin en familie. Haar heengaan laat ’n leë plek in hul harte maar ook in ons gemeenskap, sê Nieuwoudt.

Wilinda Ford, projekbestuurder by die welsynorganisasie HOOP sal Diane onthou as “die vrou met die mooiste omgeehart.”

“’n Mens kon jou altyd deur ’n ring trek – ’n stylvolle pragtige vrou wat altyd geglimlag het. Jou passie was aansteeklik,” sê Ford.

Diane laat twee dogters, Chantell en Danté, twee seuns, Wanzen en Ruan, kleinkinders Jonathan, Matthew en Lua en haar man, Coenie, agter.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.28
-0.6%
Rand - Pond
22.45
-0.9%
Rand - Euro
19.72
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.16
-0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
974.35
+0.6%
Palladium
1,410.07
+0.7%
Goud
1,952.05
-1.4%
Silwer
23.01
-0.9%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,844
+1.0%
Alle aandele
75,359
+0.9%
Hulpbronne 10
65,049
+1.2%
Industriële 25
102,203
+0.6%
Finansiële 15
15,449
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos