.

Heelwat bome al geplant

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Sedert die stigting van die Gedenkwoud in Monte Vista het heelparty inwoners reeds ’n boom geplant.

Die Gedenkwoud is vroeër vanjaar amptelik geopen.

Riana de Wet, voorsitter van die Monte Vista- en Plattekloof Glen-belasting- en inwonersvereniging, sê sowat 20 bome is al tot op hede in die Gedenkwoud geplant.

“Dit is ’n langtermynprojek en mense sal deurlopend daaraan herinner moet word.

“Ons het wel fantastiese terugvoer oor die projek uit die gemeenskap ontvang, en baie navrae is al gerig,” sê sy.

Die Gedenkwoud, wat net koorsbome bevat, is die idee van Kelvin Irvine, ondervoorsitter, en is geleë oorkant ’n vulstasie in Monte Vista-boulevard.

De Wet sê tot dusver is daar nog geen negatiewe terugvoer ontvang nie.

“Ons het ook reeds twee tafels en sitbanke in die woud, so die projek groei stadig maar seker.

“Ons glo oor die volgende jaar of wat sal ons maklik meer as 50 bome geplant hê.”

De Wet sê hulle is tans besig om bykomende items te bekom wat sal deel vorm van die Camoenspark-projek, en hulle is seker daarvan dat dit ook positiewe terugvoer van inwoners sal ontlok.

“Ons het nog ’n projek wat ons hopelik teen die einde van die maand bekend sal stel,” sê De Wet.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.42
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,800.38
+0.4%
Silwer
24.40
+0.3%
Palladium
2,063.50
+1.9%
Platinum
1,042.26
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.2%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos