.

Help meisie met nuwe rolstoel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jacq-Lynne Adams benodig ’n nuwe rolstoel.
Jacq-Lynne Adams benodig ’n nuwe rolstoel.

’n Ma van Eersterivier het die publiek se hulp gevra om te help om ’n rolstoel te koop vir haar dogter wat serebraal gestremd is.

Jacq-Lynne Adams is in 2005 gebore en kan weens ’n breinbesering niks vir haarself doen nie.

Sandria Adams, Jacq-Lynne se ma, sê haar dogter groei deesdae so vinnig en haar bestaande rolstoel is nie meer voldoende nie.

“Die kind kan nie eens self eet nie; daar ’n pyp wat tot in haar maag strek, waardeur sy gevoed word. Sy groei deesdae by die dag en het daarom ’n nuwe rolstoel nodig.

“Haar pa is die enigste broodwinner omdat ek heeltyds by my dogter moet wees. Ons trek ’n bietjie swaar,” sê Adams.

Adams-hulle het begin navraag doen oor ’n nuwe rolstoel en het met skok besef dat hulle minstens R18 000 benodig.

“Ons het reeds begin om worsrolletjies en braaibordjies te verkoop in ’n poging om die geld in te samel en mense ondersteun ons graag. Dit gaan egter ’n bietjie stadig en ons wil ’n beroep doen op mense wat dit goeddink om ons te help. Die mense wat die rolstoel gaan maak, gaan dit spesifiek vir haar maak en dus is die prys bietjie hoër,” sê Adams.

Jacq-Lynne ly ook aan epilepsie en is tans in die Tygerberg-hospitaal nadat sy onlangs aanvalle gekry het.

Volgens Liesel Abrahams, ’n verpleegsuster van die Tygerberg-hospitaal, is sy ’n vriendelike kind wat met almal glimlag.

  • Bel Sandria Adams by 062 935 4372.
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.06
+0.0%
Rand - Pond
20.68
-0.1%
Rand - Euro
17.47
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.30
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,799.35
+0.1%
Silwer
24.01
-0.2%
Palladium
1,972.07
+0.3%
Platinum
1,015.90
+0.2%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
60,874
0.0%
Alle aandele
67,475
0.0%
Hulpbronne 10
63,082
0.0%
Industriële 25
87,253
0.0%
Finansiële 15
14,054
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos