
Eskom het Maandag (28 November) in ‘n verklaring beweer dat kabeldiefstal glo die rede is waarom dele van Blue Downs sonder elektrisiteit is.
‘n Protesoptog het die betrokke oggend in die gebied uitgebreek nadat inwoners glo vir sewe dae sonder elektrisiteit moes klaarkom. Daar word ook beweer dat die gebied sonder water is.
Didas Wabahombwa, ‘n inwoner en besigheidseienaar, het bevestig dat werkers van Eskom die namiddag in die gebied was om aandag te skenk aan die elektrisiteitsprobleem.
Kyle Cookson, Eskom-woordvoerder, sê in ‘n verklaring kabeldiefstal in Bardale Village verlede Donderdag 24 November, het daartoe gelei dat dié gebied en Fairdale in Blue Downs sonder elektrisiteit moes sit.
“Eskom doen al die moontlike om elektrisiteitvoorsiening so spoedig as moontlik te herstel, hoewel die herstelperiode nog onduidelik is aangesien Eskom nog die materiaal daarvoor probeer kry. Die beoogde tyd vir die herstel sal later gekommunikeer word.”
Eskom sê hy vra omverskoning vir die ongerief en pleit by diegene wat daardeur geraak word om geduld toe te pas, terwyl die krag herstel word.
Ons pleit by gemeenskapslede om enige verdagte akwititeit wat met kabeldiefstal verband hou, sowel as die vandalisering van elektrisiteitsinfrastruktuur, by die relevante owerhede aan te meld, of by die Eskom-misdaadlyn by 0800 11 27 22, sê die kragvoorsiener.
Teen 15:00 vandag is Hindleweg, Blue Downs, weer vir verkeer geopen, sê die Stad Kaapstad se verkeersdienste.