.

Kleuterskool loop deur

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die Vrolike Vinkies-kleuterskool in Sarepta het weer deurgeloop.
Die Vrolike Vinkies-kleuterskool in Sarepta het weer deurgeloop.

Daar is verlede week weer by die Vrolike Vinkies-kleuterskool in Sarepta ingebreek.

Personeellede wat vroeg op Woensdag 6 Oktober gaan oopsluit het, kon reeds van ’n afstand sien daar is fout omdat al die ligte uit was.

Luzette Alexander, skoolhoof, sê die alarmstelsel se drade, asook ander elektriese drade is als afgesny en uitgehaal.

Sy sê gerugte wat die ronde gedoen het dat alles binne gesteel is, is egter nie waar nie.

“Dit was meestal skade aan die elektriese ware en al die elektriese drade.”

Vrolike Vinkies dien die omliggende gemeenskap al 46 jaar lank. Alexander sê die inbraak was “nou die derde een in vier maande, wat vir my sê hulle teiken ons sentrum, hoewel net die elektriese drade.”

Sy sê hulle is egter baie dankbaar vir die gemeenskap wat uit hul pad gegaan het om te help.

“Ons het heelwat donasies gekry soos skryfbehoeftes. Die mense in die gemeenskap het regtig hul hande uitgesteek en skenkings gemaak.”

Alexander sê hulle kon Donderdag weer hul kleuters terug verwelkom.

“Ons is terug na normaal.”

Die sentrum is geregistreer vir 110 kinders, maar weens die Covid-maatreëls is daar tans 65 kleuters. Skenkings van brood, smere (margarien, konfyt, grondboontjiebotter), blikkieskos, pasta, rys, aanmaak-koeldrank en dies meer is altyd welkom.

Kontak Vrolike Vinkies by 021 903 1544 of vrolikevinkies@gmail.com.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.3%
Rand - Pond
20.41
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,798.76
+0.4%
Silwer
24.38
+0.2%
Palladium
2,054.00
+1.6%
Platinum
1,041.00
-0.2%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.0%
Alle aandele
67,172
0.0%
Hulpbronne 10
63,244
-0.0%
Industriële 25
86,436
-0.3%
Finansiële 15
13,915
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos