.

Mandrax van miljoene gevind

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die polisie het beslag gelê op hierdie sakke met kapsules met Mandrax-poeier daarin.
Die polisie het beslag gelê op hierdie sakke met kapsules met Mandrax-poeier daarin.

Meer as R2 miljoen se Mandrax-poeier in kapsules is langs die pad naby Klein Roosboom-wynplaas buite Durbanville gekry.

Die dwelms is vermoedelik in die Tygerbergvalleipad by die plaas afgelaai en deur twee voetgangers ontdek.

Volgens kapt. Marchell Rhode, woordvoerder van die Durbanville-polisie, het die polisie op Woensdag 29 September inligting ontvang van twee mense wat op die pad stap met verdagte sakke by hulle.

Die polisie het omstreeks 13:30 gaan ondersoek instel en die voetgangers met die sakke gekry. In die sakke was kapsules met bruin en geel poeier daarin.

Die woord “Boss” verskyn op die kapsules, sê Rhode.

“Die voetgangers het vir die polisie gesê hulle het die sakke langs die pad opgetel – nie ver van waar hulle langs die pad gestaan het nie – toe ’n bakkie dit in vier bokse daar afgelaai het.

“Hulle het gesê hulle het die bokse oopgemaak en van die inhoud gevat. Hulle het nie geweet wat dit is nie, en het van die kapsules oopgemaak en die poeier uitgestrooi,” sê Rhode.

Die twee voetgangers is deur die polisie na die Durbanville-polisiekantoor geneem vir verdere ondervraging.

Volgens Rhode het die polisie beslag gelê op nog bokse met Mandrax op die toneel. Die totale gewig van die dwelms was ongeveer 50 kg.

Hy het aan TygerBurger gesê die waarde van die Mandrax is meer as R2 miljoen – dalk selfs tot R2,5 miljoen.

“Die poeier moes nog in pilvorm gedruk word. Twee Mandrax-tablette kan van elke kapsule gemaak word,” sê hy.

“Die polisie vermoed dis daar afgelaai om weer deur ’n ander party opgelaai te word. Dis toevallig dat die voetgangers daarop afgekom het,” sê Rhode.

Die kapsules met poeier is weggestuur vir toetse en daar is vasgestel dat dit Mandrax bevat, sê hy.

Die saak word deur die polisie se provinsiale georganiseerdemisdaad-eenheid ondersoek.

Niemand is nog in verband met die vonds in hegtenis geneem nie.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.06
+0.0%
Rand - Pond
20.68
-0.1%
Rand - Euro
17.47
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.30
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,799.35
+0.1%
Silwer
24.01
-0.2%
Palladium
1,972.07
+0.3%
Platinum
1,015.90
+0.2%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
60,874
0.0%
Alle aandele
67,475
0.0%
Hulpbronne 10
63,082
0.0%
Industriële 25
87,253
0.0%
Finansiële 15
14,054
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos