.

Moord styg drasties

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Twee polisiëringsgebiede in TygerBurger se verspreidingsgebiede is in byna alle misdaadkategorieë onder die voorste 30 polisiekantore.

Die polisiekantore van Delft en Mfuleni is onder die dertig voorstes in die afdelings vir onder meer moord, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, roof met verswarende omstandighede en verkragting.

Uit alle kantore landwyd is Delft derde op die moordlys, met ’n styging van 19% teenoor die vorige kwartaal. Dit is egter Mfuleni wat die oë laat rek met ’n styging van 47,8%, oftewel 22 meer moorde as in die vorige kwartaal.

By poging tot moord is Delft agste en Mfuleni 21ste. Verkragtings in Delft het met 3% afgeneem, maar die kantoor is steeds sesde uit 30. Mfuleni toon ’n afwaartse kurwe met 5%, maar is steeds in die 29ste plek.

Adam Alexander, gemeenskapsleier van Delft, sê hy het al self vir president Cyril Ramaphosa gevra of misdadigers nie swaarder gestraf kan word nie.

“Met die moord en dood van ’n meisie in Elsiesrivier ’n paar jaar gelede het ek die president gevra of die Grondwet nie verander kan word sodat misdadigers swaarder gestraf kan word nie. Die president het toe aan my gesê dat die Grondwet die beste in die wêreld is en dat dit Suid-Afrikaners beskerm.

“My antwoord aan hom was dat die Grondwet nie wetsgehoorsame Suid-Afrikaners beskerm nie, maar wel misdadigers.

“Die tweede ding is die regstelsel faal ons mense. Die rede hoekom misdaad so handuit ruk is omdat die misdadiger weet dat hy nie vervolg gaan word nie. Hier by ons is mense so bang om te getuig omdat getuies doodgemaak word en die moordenaars loop vry,” sê Alexander.

Alexander gooi ook ’n klip na die polisie wat hy van traagheid beskuldig. “Wanneer ’n mens vir die polisie inligting oor bendebedrywighede gee, gaan hulle na die bendelede toe en sê wie die inligting verskaf het. As daar strenger wette ingebring word en die polisie doen hul werk, sal ons resultate sien,” sê hy.

Lourna Frieselaar van die Mfuleni-gemeenskapspolisiëringsforum sê sy is nie verbaas dat Mfuleni steeds onder die stasies met die meeste misdaad tel nie.

“Daar word nie aandag aan kleiner misdade gegee nie en dit word later groter misdade.

“As mens net vat hoe die polisie verby mense ry wat die aandklokreël verontagsaam, sal jy verstaan wat ek bedoel.

“Daar moet hard en duidelik opgetree word teen mense wat misdaad pleeg, hoe gering ook al,” sê Frieselaar.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 212/10
India A 276/10 & 76/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.87
+0.4%
Rand - Pond
21.07
+0.6%
Rand - Euro
17.93
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.21
+0.8%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Goud
1,771.20
+0.2%
Silwer
22.35
-0.1%
Palladium
1,850.48
+3.7%
Platinum
948.00
+0.8%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,616
+0.1%
Alle aandele
71,100
+0.1%
Hulpbronne 10
67,242
-0.5%
Industriële 25
93,879
+0.2%
Finansiële 15
14,001
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos