.
Deel

Nog 'n toekenning vir mezzesopraan van Kuilsrivier

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Christine Bam, bekende mezzosopraan van Kuilsrivier en lid van die Kaapstad Operakoor, het onlangs nog ’n toekenning opgeraap.

Christine is in die Klassieke Musiek- sangafdeling van Fine Music Radio (FMR) se beursfondskompetisie as wenner aangewys. Die eindronde het op Woensdag 10 Mei by die Baxter-teater plaasgevind.

Christine Bam Foto: Jesse Kramer

Die kompetisie is in 2009 deur die Rolf-Stephan Nussbaum-stigting begin om studiebeurse en toekennings aan studente in uitvoerende kunste of musiek te maak. Daar is vier afdelings om die beste talent in klassieke musiek (sang en instrumentaal), jazz en Afrika-musiek te beloon.

Volgens FMR was die standaard van die kompetisie weer eens van hoogstaande gehalte, wat die beoordelaars se taak om wenners in die onderskeie afdelings aan te wys, bemoeilik het.

Christine sê sy is baie dankbaar vir FMR en die Rolf-Stephan Nussbaum-stigting vir die geleentheid wat die kompetisie bied, asook hul volgehoue ondersteuning aan kunstenaars.

“Ek moet ook my stemafrigter, Violina Anguelov-Hobbs, bedank,” sê sy.

Haar indrukwekkende repertoire in die kompetisie het werke van Massenet, Mozart, Saint-Saëns en Johann Strauss ingesluit.

Sy is in die eindronde deur dr. Lisa Engelbrecht op klavier begelei.

Christine het vroeër vanjaar die tweede plek in die Vriende van Opera in Kaapstad se beurskompetisie, wat ook by die Baxter aangebied is, behaal.

Sy het ’n BMus-graad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en is tans ’n nagraadse student aan die Universiteit van Kaapstad se Operaskool.

Sy was onlangs in die koor vir Die pêrelvissers en gaan later vanjaar in nog twee Kaapstad Operaproduksies – Tosca in September en La Traviata in Oktober – by die Kunstekaap-operahuis optree.

Die eindronde van die FMR-kompetisie se klassiekemusiek-afdelings (instrumentaal en sang) word op Sondag 4 Junie om 14:00 op dié radiostasie uitgesaai.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
United Arab Emirates 219/7
West Indies 306/10
Rand - Dollar
19.21
+0.4%
Rand - Pond
23.86
+0.5%
Rand - Euro
20.53
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.82
-0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Platinum
1,033.34
+0.7%
Palladium
1,413.95
+0.5%
Goud
1,963.05
+0.1%
Silwer
23.60
+0.1%
Brent-ruolie
76.71
+0.8%
Top-40
71,632
+0.3%
Alle aandele
76,840
+0.3%
Hulpbronne 10
69,525
+0.3%
Industriële 25
103,876
+0.0%
Finansiële 15
15,144
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos