.

Ou meul eindelik opgeknap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Michael Jack, ’n werker van Thatchscapes, vee die trappe skoon. Die meul word tans opgeknap.FOTO: Esmé ERasMus
Michael Jack, ’n werker van Thatchscapes, vee die trappe skoon. Die meul word tans opgeknap.FOTO: Esmé ERasMus

Ná meer as twee jaar van oënskynlike stilte nadat die Stad Kaapstad in 2019 aangedui het geld is begroot vir die opknap van die ou, historiese meul in die Onze Molen-woonbuurt, het werk eindelik verlede Maandag begin.

Die erg verwaarloosde meul word tans teen ’n koste van sowat R200 000 opgeknap. Werk sal na verwagting teen einde November voltooi word.

Die herstelwerk het op Maandag 29 September reeds begin en teen verlede Vrydag was die rietdak reeds deur die kontrakteur vervang.

Die res van die projek behels die voorbereiding en afspuit van die meul se buitekant, die verf van die gepleisterde mure, opknapwerk aan die venster en deur aan die voorkant, asook die vervanging van ’n klein houtraamvenster aan die agterkant.

Die wieke van die meul, of enige ander onderdele van die meul, sal nie vervang of opgeknap word nie, aangesien die hoofdoel is om die voorkoms van die meul te verbeter, het Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdiens en gesondheid, aan TygerBurger gesê.

“Die wieke is reeds tevore verwyder en is nie deel van die bestaande struktuur nie,” sê hy.

Dié instandhoudingsprojek kom nadat die opknap van die meul vir etlike jare ’n strydpunt was. TygerBurger het drie jaar gelede berig dat die opknapwerk eindelik onderweg is.

Daar is toe R30 000 uit die begroting van Wyk 112 toegeken vir instandhoudingswerk, maar dis eers voorgelê vir goedkeuring met die begrotinghersieningsproses in Januarie 2019.

Badroodien het bevestig die herstelwerk word al sedert 2019 beplan.

“Die struktuur word erken as ’n erfenisbate, wat gedetailleerde beplanning en goedkeuring van Erfenis Wes-Kaap vereis het voordat werk kon begin,” verduidelik hy.

Die meul is in Julie 2012 afgesper weens die vervalle toestand daarvan en die gevaar wat dit vir inwoners en die publiek ingehou het. Die vier houtwieke van die meul is later in Junie 2015 deur die Stad se kontrakteur verwyder.

TygerBurger het toe berig dat die wieke nie vervang gaan word nie.

Die rietdak is reeds oorgedek. Die meul gaan nou afgespuit en geverf word.FOTO: Wynand Theron

Dit sou toe reeds sowat R1 miljoen gekos het.

Die meul, wat in 1984 ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar is, is een van slegs drie historiese meule in Kaapstad.

Die Onze Molen-meul is in 1840 opgerig en is gebruik tot die einde van die eeu toe die meganisme en boonste gedeelte daarvan verwyder is. Die oorblywende struktuur is toe as perdemeul benut.

Dit is in 1980 gerestoureer met finansiering deur die destydse Natal Building Society en is een van slegs twee toringmeule in die ou Malmesbury-distrik.

Meeste van die houtwerk binne-in die meul is nog in ’n puik toestand. FOTO: wynand theron

Volgens Wynand Theron, voorsitter van die Onze Molen-huiseienaarsvereniging, gaan die inwoners en ander rolspelers ook kyk na maniere om die wieke te laat herstel sodat die meul ten volle herstel is.

“Dalk loop ons nog ’n donateur in Holland raak!” skerts hy.

“Namens Onze Molen se inwoners wil ek my dank uitspreek teenoor alle persone en instansies wat tot dusver betrokke was by die herstel van die meul. Elkeen se bydrae word baie waardeer,” sê Theron.

Die meul is ook in 2013 deur die Stad Kaapstad opgeknap. Die rietdak is vervang en die mure afgewit.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.06
-0.1%
Rand - Pond
20.68
-0.1%
Rand - Euro
17.47
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,800.49
+0.2%
Silwer
24.05
+0.1%
Palladium
1,976.24
+0.7%
Platinum
1,015.50
+0.4%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
60,874
0.0%
Alle aandele
67,475
0.0%
Hulpbronne 10
63,082
0.0%
Industriële 25
87,253
0.0%
Finansiële 15
14,054
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos