.

Bedrieër-ouma gou weer vas oor slenter

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Grace Nienaber
Grace Nienaber

’n Ouma van Bellville gaan weer in hegtenis geneem word nadat sy na bewering duisende rande gesteel het wat glo vir vleis bedoel was.

TygerBurger het al in 2013 oor die ouma, Grace Nienaber, berig toe sy in hegtenis geneem is op bedrogaanklagt. 

Hierdie keer is die meeste mense glo bedrieg nadat hulle sowat R39 000 vir vleis betaal het nadat hulle van die aanbieding gehoor het by ’n skoonheidsterapeut, wat as middelman opgetree het. 

Die skoonheidsterapeut, wat anoniem wil bly, sê haar lewe is deur Nienaber verwoes.

“Ek het my inkomste verloor, want al my kliënte is weg. Ek het my reputasie verloor; my vriende verloor.”

Alles het begin toe die terapeut en Nienaber mekaar in Mei by ’n kinderpartytjie ontmoet het.

Die terapeut was saam met haar dogter daar en Nienaber saam met haar kleinseun.

Die twee het oor skoonheidsprodukte begin gesels en Nienaber het die terapeut se foonnommer gevra.

’n Paar dae later het sy haar gebel en vertel dat sy ’n kontak het wat vleis teen spotgoedkoop wil verkoop omdat hy sy plaas gaan sluit.

“Sy het gesê ‘dit klink of jy ’n lekker netwerk het. Kan jy my nie help om bietjie geld te maak nie’?”

Die terapeut het ingestem en haar vriende en party van haar kliënte genader. Die prys was R700 vir ’n lam of R1 400 vir ’n bees se agterkwart.

Talle mense het bees en lam gekoop. Baie het ook by hul kollegas, vriende, werkers en selfs sportklublede geld gekry en oorbetaal.

Maar kort voor lank het Nienaber glo met verskonings vorendag gekom.

Sy het glo goed gesê soos “die vleis is op pad, maar die trok het langs die pad gebreek”.

Die mense wat bestel het, was woedend. 

Toe die terapeut besef sy gaan nie die geld kry nie, het sy gedreig om polisie toe te gaan.Prokureurs is genader en Nienaber het R11 000 betaal en beloof om die res voor 10 Julie te betaal.

Die terapeut wou so gou moontlik ander se geld teruggee.

“Ek het die geld wat ek kon betaal aan die mense wat dit die dringendste nodig gehad het. Ek het alles verduidelik.”

Teen 10 Julie het sy steeds nie die geld gekry nie, sê sy, en het ’n saak by die polisie aanhangig gemaak.

Kapt. Jonathan Blankenberg, die Bellville-polisiekantoor se woordvoerder, het bevestig ’n lasbrief vir Nienaber se inhegtenisneming is hangend.Intussen bly die terapeut woedend, veral omdat Nienaber nog nie in hegtenis geneem is nie.

“Dit is regtig terrible dat mense so kan wees. Hierdie hele ding het my vertroue in die mensdom verbreek.”

Nienaber wou nie kommentaar lewer nie.

Sy was egter oor die jare talle kere in die nuus vir verskeie aanklagte en bewerings van bedrog.

In 2008 al is berig dat daar al van 1987 tot 2008 sowat 40 sake teen haar ondersoek is in plekke soos Stellenbosch, Bellville, Strand en Pretoria.

Sy het al as Grace de Villiers of Grace de Ville bekend gestaan en is al verskeie kere tronkstraf opgelê

Luidens argiefberigte in Die Burger, TygerBurger, Eikestadnuus en Son is party van die sake wat aanhangig gemaak is:

  • Nienaber is vroeg in 1994 vrygelaat nadat sy weens 24 bedrogklagte gevangenisstraf uitgedien het;
  • In 1996 het sy in die hof verskyn op ses bedrogklagte wat gespruit het uit drankaankope in 1994. Sy het die drank glo gekoop sonder om daarvoor te betaal;
  • In 1999 het sy ’n huurkontrak uitgeneem sonder om daarvoor te teken;
  • In 2000 is sy skuldig bevind nadat sy ’n rekening van R15 205 by Eendracht-gastehuis in Stellenbosch nie betaal het nie;
  • In 2008 het sy glo dokumente van die departement van arbeid vervals;
  • In 2009 is sy drie jaar korrektiewe toesig opgelê, asook twee jaar tronkstraf, in geheel opgeskort vir vyf jaar, nadat sy valslik R250 000 by ’n sakeman in Brackenfell geleen het om ’n gemeenskapsprojek te begin, wat nooit die lig gesien het nie;
  •  In 2015 is sy skuldig bevind op ses aanklagte van bedrog nadat sy vleis teen afslagpryse belowe het, maar nie die vleis gelewer het nie.
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.06
-0.1%
Rand - Pond
20.68
-0.1%
Rand - Euro
17.47
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.30
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,800.27
+0.2%
Silwer
24.05
-0.0%
Palladium
1,978.50
+0.7%
Platinum
1,016.00
+0.4%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
60,874
0.0%
Alle aandele
67,475
0.0%
Hulpbronne 10
63,082
0.0%
Industriële 25
87,253
0.0%
Finansiële 15
14,054
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos